Wo(o)rdslim 2

R90.00

Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
– Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas.
– Woordsoekblokke
– Spelspeletjies
– Letterblokke
– Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.

SKU: 9780799398007 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Nog prettige woordspeletjies vir kinders!

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 56

OPSOMMING: Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:
– Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas.
– Woordsoekblokke
– Spelspeletjies
– Letterblokke
– Kriptogramme en ander briljante breinboelies

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings agter in die boek.

SKRYWER: Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir kleuters, kinders en tieners. Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories. Verskeie van sy boeke is alreeds wêreldwyd in Engels uitgegee. Onder Jaco se talle bekronings tel die Tienie Hollowaymedalje, die Alba Bouwerprys, die Elsabe Steenbergprys, die MML-letterkundeprys en 26 ATKV-Kinderboektoekennings. In 2018 is hy die medewenner in die kinderboekkategorie van die South African Literary Awards (SALA). In dieselfde jaar word Jaco ook benoem vir die beroemde Britse Carnegie-medalje. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy twee dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetel-luislang. Facebook: http://facebook.com/JacoJacobsofficial Instagram: @jacozombie Twitter: @JacoZombie Webwerf: http://www.jacojacobs.co.za