Wonderwêreld

R80.00

In elke studie deel hulle die uniekheid van God se koninkryk, wat anders is as alle ander ryke, met ons. Hulle neem ons op ’n reis van bekering en verwondering wat ons dieper inlei in die wonderwêreld wat in Jesus naby aan ons gekom het.

Klik hier om gratis preke af te laai

Klik hier om week 1-4 se video-snitte af te laai.

Description

SUBTITEL: Jesus se woorde in Matteus oor die koninkryk van God – ‘n Gespreksgids vir 4 weke.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 112

OPSOMMING: In Wonderwêreld kyk die skrywers in die loop van vier weke na gedeeltes in Matteus waar Jesus oor die koninkryk van God praat. Hulle sluit hierby in:
Jesus se Bergpreek (Matt 5 – 7) – en noem dit Wonderlewe.
Jesus se gelykenisse (Matt 13) – en noem dit Wonderbeelde.
Kinders deur Jesus se oë (Matt 18 – 19) – en noem dit Wonderkinders.
Die profetiese rede (Matt 24 – 25) – en noem dit Wondertoekoms.

In elke studie deel hulle die uniekheid van God se koninkryk, wat anders is as alle ander ryke, met ons. Hulle neem ons op ’n reis van bekering en verwondering wat ons dieper inlei in die wonderwêreld wat in Jesus naby aan ons gekom het.

Die skrywers is vier kollegas uit drie buurgemeentes in Durbanville. Hulle het besef die koninkrykstema skep vir hulle ruimte om betekenisvol en gelowig oor verskillende gemeenskapskwessies te dink en te praat. Die uitvloeisel hiervan is Wonderwêreld.

Hierdie geselsgids strek oor vier weke en begin met ’n inleidende oordenking oor elke tema. Daarna volg een groepstudie en vyf persoonlike studies vir elke week. Die maand word met ʼn slotoordenking afgesluit.

Elke week spring weg met ’n kort preekstudie en groepriglyne wat by mekaar aansluit. In ʼn gemeente sou die preek die week se studies kon inlei of selfs daarop kon volg.

Die groepstudies volg telkens die ritme van Rus – Luister na die Woord – Luister na mekaar – Leef – Bid – Familiewenk.

Die vyf persoonlike studies volg die ritme van Rus – Luister – Leef – Bid – Familiewenk. Ons sluit die familiewenke juis in met die oog op gesinsbyeenkomste (“huisgodsdiens”) en probeer veral laerskoolkinders betrek.

INHOUD

Hoe om die boek te gebruik

Inleiding: Draai om – die koninkryk is naby!

Week 1: Wonderlewe
Groepstudie: Wonderseëninge
Dag 1: Wonderverhoudings
Dag 2: Wondergodsdiens
Dag 3: Wondersorgvryheid
Dag 4: Wondergesindhede
Dag 5: Wonderkeuses

Week 2: Wonderbeelde
Groepstudie: God se 3D-prente
Dag 1: God se ritme
Dag 2: God se ekosisteem
Dag 3: God se revolusie
Dag 4: God se goeie belegging
Dag 5: God se “tribe”

Week 3: Wonderkinders
Groepstudie: Kinderoë
Dag 1: Vetkryte
Dag 2: Wolkekykers
Dag 3: Helde
Dag 4: Klippe
Dag 5: Roomys

Week 4: Wondertoekoms
Groepstudie: Ons Christus-toekoms
Dag 1: Wonderinsig
Dag 2: Wonderfiksheid
Dag 3: Wonderverrassing
Dag 4: Wondergereedheid
Dag 5: Wonderhoop

Slot

Bylae: Wat is so spesiaal aan Matteus?

SKRYWERS

Anriëtte de Ridder van Stellenberg-gemeente; Andries Cilliers van Sonstraal-gemeente, en Melanie Thirion en Johann du Plessis van Kenridge-gemeente in die Wes-Kaap.