Description
SUBTITEL: Van werknemer tot suksesvolle entrepreneur: ‘n storie van sakesukses
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 256
OPSOMMING: Is jy vasgevang in ’n loopbaan maar streef jy na meer?
Meer finasiële- en persoonlike vryheid?
Werk soos ’n miljardêr vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer, wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin en om sy eie baas te wees maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Een van dié uitdagings is hoe om, sonder
enige geld, ’n besigheid te begin. Maar alles verander op ’n dag toe hy voor ’n groot besluit te staan kom en hy die besluit maak wat sy hele toekoms handomkeer verander.
Dié boek is propvol nuttige en praktiese raad vir entrepreneurs. Werk soos ’n miljardêr deel waardevolle wenke in die vorm van ’n roman oor hoe om rykdom te skep, jouself beter te leer ken, terug te gee en hoe om planne in plek te stel om volhoubare besigheidsisteme te bou.
SKRYWER: Daniel is ‘n Suid-Afrikaanse entrepreneur en waagkapitalis. Hy is die Strauss in die beleggingsonderneming Stocks & Strauss. Hy het ‘n B.Ing. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy en sy vrou, Rolene, het twee kinders en woon in die Kaapse wynlande. Dink soos ‘n miljardêr is Daniel se eerste boek.