Wees ‘n Wenner

R55.00

Die boek bring die leser kontinuiteit, maar ook verskeidenheid en afwisseling, met sy deurlopende struktuur: Tema vir die week; Dagstukkie vir elke dag; Vers vir elke dag; Bybellees-stukkie vir elke dag. Die Bybel-leesplan en verklarende woordelys is verder nuttige hulpmiddels.

‘Wees ‘n Wenner’ is ‘n ideale en maklike stukkie gereedskap om uit te reik na honger mense wat dit gretig sal ontvang as ‘n spesiale geskenk wat hulle lewens vir altyd kan verander.

Description

SUBTITEL: Jou race na geluk en meaning

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 384

OPSOMMING: Hoe bereik jy daai kosbare mense wat geen hulp of ondersteuning ontvang om God en sy Woord beter te leer ken en verstaan nie? Hulle wat nie weet van geskikte leesstof en dit in elk geval nie sal kan bekostig nie? Hulle wat in baie moeilike omstandighede leef en soekend is na hoop, identiteit en betekenis?

‘Wees ‘n Wenner’ is dalk net jou antwoord. Hierdie dagstukkie-boek is ‘n maklik verstaanbare gids om al die basiese beginsels en elemente rondom die Christelike geloof en -leefwyse eenvoudig en interressant oor te dra. Dit word aangebied in ‘n informele styl vol visuele elemente, stories, voorbeelde en feite, om ‘n besondere lekker-lees ervaring te bewerkstellig.

Vir die teikenmark, waarvan baie stellig nie gereelde lesers is nie, is daar gerusstelling. Daar word gebruik gemaak van taal soos wat dit gepráát word … ‘n bredie van eenvoudige Afrikaans en geurtjies Kaaps, vermeng met sprinkels Engels, wat dikwels die tone laat krul.

Die essensie en unieke waarde van die boek lê egter in sy soeke om saam met die leser lewensbelangrike antwoorde en waarhede te ontdek: God se doel vir jou lewe en hoe om daar uit te kom; Sy onbegryplike liefde vir jou; Die Bybel se krag as gids vir jou lewe; Wie God, Jesus en die Heilige Gees is; Hoe spesiaal God jou gemaak het en sy onbeskryflike liefde vir jou. Dan word daar ook saam gesels en raad gegee vanuit ‘n Bybelse perspektief oor onderwerpe soos identiteit, vriende, familie, jou liggaam, boelies, verslawing, seks, geld, depressie en jou tyd.