Description
SUBTITEL: Voorberei vir die doop. Riglyne vir gesprekke met doopouers
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 48
OPSOMMING: Die doop bind jou kind aan Christus. Die doop plaas jou kind se voete op die Christuspad. Die doop is God se belofte om deur sy Gees by jou kind te wees. Die doop maak jou kind deel van die geloofsfamilie. Die doop sê jou kind se lewe het ʼn doel in God se wêreld.
Die doop sê al hierdie dinge. Al verstaan jy dit dalk nie. Hoe meer jy van die doop weet, hoe meer vreugde vind jy egter daarin. En dit is ʼn geleentheid wat geen ouer behoort te mis nie.
Hierdie riglyne vir gesprekke met doopouers sal hulle help om die diep betekenis van hulle eie doop te herontdek, en daarom ook die diep betekenis van hulle kind se doop te verstaan en te vier.
Dit word gebruik saam met die boek Doopjoernaal, ʼn boek wat diepte gee aan die viering van die doop.
SKRYWERS
Die groep skrywers het almal ʼn passie vir God en kinders en het hierdie produkte ontwikkel om ouers en kinders te help om die betekenis van die doop te ontdek, te herontdek, te verstaan en te vier.