Wat doen ons wanneer ons bid? (e-Boek)

R90.00

Kan ons die effektiwiteit van gebed eksperimenteel of statisties bewys, en indien nie, waarom nie? Die skrywer analiseer die dinge wat ons doen wanneer ons bid. Hy wys daarop dat dit beduidende implikasies het om te verstaan wat die aard van ons geloof en godsdienstige oortuigings is. 

FORMAAT: Elektroniese boek in die PDF formaat.

Klik hier vir die sagteband

Klik hier vir die resensie

Description

SUBTITEL: Oor die aard van gebed en geloof

FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat

BLADSYE: 210 in die geval van die sagteband

INHOUD

Deel I Gebed
1 Inleiding: Om gebed op die proef te stel
1.1 “… alles … wat julle in die gebed vra.”
1.2 Gebed en eksperiment: Elia en Einstein
1.3 Gebed en statistiese ondersoek: Francis Galton
1.4 Gebed en geestelike krag: Alister Hardy
1.5 Die vrae

2 Terapeutiese meditasie
2.1 Gebed as terapeutiese meditasie
2.2 Terapeutiese meditasie en die Christelike tradisie
2.3 Die samehang van terapeutiese meditasie

3 Gebed om dinge te laat gebeur
3.1 Vra-gebede
3.2 Om die almagtige God iets te vra
3.3 Om die onveranderlike God iets te vra
3.4 Om die alwetende God iets te vra

4 Gebed en die goedheid van God
4.1 Om iet te vra van die God wat volmaak goed is
4.2 Om vir die koninkryk van God te vra
4.3 Voorbidding

5 Gebed en die handeling van God
5.1 God se handeling en die natuurwette
5.2 God se handeling en mense se vryheid
5.3 Wat tel as ‘n antwoord op gebed?

6 Om te bid en om ‘n verhouding met God te vestig
6.1 Vra-gebede en die vestiging van ‘n verhouding met God
6.2 Skuldbelydenis en die herstel van ‘n verhouding met God
6.3 Danksegging en die erkenning van ‘n verhouding met God

7 Om te bid en in verhouding tot die wêreld te staan
7.1 Ora et labora
7.2 Religieuse oortuiging en morele diskoers
7.3 Gebed en die morele lewe

Deel II Geloof en religieuse oortuigings
8 Gebed en die aard van geloof
8.1 Geloof en die moderne manier van dink
8.2 Gebed en die aard van geloof

9 Die geloofsoog
9.1 Om die werke van God te onderskei
9.2 Religieuse ervaring en die geloofsoog
9.3 Kwaad, lyding en die geloofsoog
9.4 Metafore, verhale en die geloofsoog

10 Geloof en die aard van religieuse oortuiging
10.1 Die konstituernede voorveronderstellings van geloof
10.2 Geloof en die regverdiging van die religieuse oortuigings

SKRYWER
Professor Brümmer is op Stellenbosch gebore. Hy het filosofie en teologie aan die Universiteite van Stellenbosch, Harvard, Utrecht en Oxford gestudeer. Tussen 1967 en 1997 was hy professor in die Filosofie van die Godsdiens aan die Universiteit van Utrecht. Sy publikasies sluit in Theology and Philosophical Inquiry (Londen 1981, Philadelphia 1982 – ook in Nederlands), What are we doing when we pray? (Londen 1984 – ook in Nederlands, Duits en nou ook in Afrikaans), Speaking of a personal God (Cambridge 1992 – ook in Nederlands), The model of love (Cambridge 1993 – ook in Nederlands en Koreaans), Faith in the modern world. Lectures and conversations in Iran (Teheran 2004), Atonement, Christology and the Trinity (Ashgate 2005 – ook in Nederlands) en Brümmer on meaning and the Christian Faith. Collected Writings of Vincent Brümmer (Ashgate 2006).