Description
SUBTITEL: Hoe Jesus se vrae ons help om die lewe te verstaan
FORMAAT: e-boek
AANTAL BLADSYE: 136
OPSOMMING: In die 21 hoofstukke (847 verse) van Johannes se Evangelie vra Jesus 46 vrae. Daar is dus ’n vraag in ongeveer elke 18de vers. Wat gebeur wanneer Jesus vrae vra? Ja, Jesus vra inderdaad ook vir ons vrae, nie net ons vir Hom nie. Jesus vra egter om ander redes as ons. Hy vra nie vrae omdat Hy nie weet wat die antwoord is nie. Jesus gee juis vir ons antwoorde op óns lewensvrae deur vir ons vrae te vra. Die manier waarop Hy sy vrae vra, help ons om te verstaan wat in ons lewe gebeur.
Jesus vra vrae wat regtig saak maak, en die antwoorde op hierdie vrae stel ons in staat om te leef. Dit is antwoorde wat van ons iets vra, maar wat ons ook vir ewig laat leef.
INHOUD
Voorwoord
Week 1: Soekend
Dag 1: Wat soek jy in “jou” Jesus?
Dag 2: Is jy gereed vir ’n ontmoeting met Jesus?
Dag 3: Wat verwag Jesus van jou as Christen?
Dag 4: Wat behels ’n ware ontmoeting met Jesus?
Dag 5: Wat is die voorwaardes van geloof?
Groepbyeenkoms: Op soek na antwoorde op ons lewensvrae
Week 2: Geloofsekerheid
Dag 1: Is daar bewyse dat Jesus mens geword het?
Dag 2: Waar pas Jesus in jou lewe in?
Dag 3: Waarom twyfel jy soms?
Dag 4: Het jy Jesus al waarlik ontmoet?
Dag 5: Weet ander dat jy aan God behoort?
Groepbyeenkoms: Die sigbare pad (bewys) van geloof
Week 3: Goddelikheid
Dag 1: Wie is Jesus as Persoon regtig vir jou?
Dag 2: Wat moet jy met jou vrae oor Jesus maak?
Dag 3: Moet jy net soos Jesus kan wees?
Dag 4: Wie is die mens in verhouding tot God?
Dag 5: Hoe lyk God die Vader?
Groepbyeenkoms: Die koningskap van Jesus
Week 4: Verwerping
Dag 1: Wie sal vir Jesus wil doodmaak?
Dag 2: Is jy ’n geheime agent vir Jesus?
Dag 3: Hoe hanteer jy onregverdigheid?
Dag 4: Hoe hanteer jy kritiek?
Dag 5: Wat maak jy met Jesus?
Groepbyeenkoms: Verwerping
Week 5: Ewigheid
Dag 1: Wat is die verskil tussen die aardse en hemelse dinge?
Dag 2: As Jesus die opstanding is, wat is die mens dan?
Dag 3: Hoe sterk is God regtig?
Dag 4: Hoe lank is ’n “klein rukkie”?
Dag 5: Hoe voel jy oor die ewige lewe?
Groepbyeenkoms: God se volmaakte tydsberekening
Week 6: Menslikheid
Dag 1: Hopeloos? Of hoop-loos?
Dag 2: Waarop fokus jy?
Dag 3: Hoeveel van jouself gee jy?
Dag 4: Watter rol behoort emosie in jou geloofslewe te speel?
Dag 5: Hoe besluit jy wat is reg?
Groepbyeenkoms: Die onbekende (se) behoefte
Week 7: God se plan
Dag 1: Waarom? Daarom!
Dag 2: God se plan teenoor die mens se plan
Dag 3: Kies God net sekere mense?
Dag 4: Het God ’n wagtyd?
Dag 5: Hoe lank moet ’n mens werk?
Groepbyeenkoms: Het Jesus ’n fout met Judas gemaak?
Week 8: Liefde
Dag 1: Hoe lief moet jy vir God wees?
Dag 2: Wat is ware liefde?
Dag 3: Waarom maak liefde seer?
Dag 4: Watter liefde verwag God van jou?
Dag 5: Wat is die invloed van liefde op jou?
Groepbyeenkoms: God is liefde
SKRYWER
Michiel van der Merwe was bykans 25 jaar leraar van NG gemeente Wierdapark-Suid. Die afgelope drie jaar is hy uitvoerende direkteur van Stabilis Rehabilitasiesentrum (substans-afhanklikheid). Sy doktorale studies het oor “Die terapeutiese effek van gebed in die pastorale bediening” gehandel. Michiel is getroud met Liesbet. Hulle is betrokke by die opleiding van gidshonde vir blindes. Hulle het twee seuns en een dogter.