Vrygemaakte mens … op die pad van geestelike groei

R40.00

Hierdie tweede module in die Ukuphula-ketanga-reeks,Vrygemaakte mens, gaan voort om op die behoeftes van die gevange persoon te fokus, meer spesifiek die waarheid van die evangelie en wat dit van die gevangene vra.

Description

SUBTITEL: ’n Bybelstudie vir gevangenes en ander vrygemaakte mense

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 64

OPSOMMING: Hierdie tweede module in die Ukuphula-ketanga-reeks, Vrygemaakte mens, gaan voort om op die behoeftes van die gevange persoon te fokus, meer spesifiek die waarheid van die evangelie en wat dit van die gevangene vra.

Vrygemaakte mens spreek die volgende sake op ’n praktiese manier aan:
· vrees en onsekerheid
· jou kommunikasie met God
· wie en wat die kerk is en
· of God ’n plan met jou lewe het.

INHOUD
Hoofstuk 1: Vrees en vertroue
Hoofstuk 2: Wat van die Bybel?
Hoofstuk 3: Wat beteken dit om te bid?
Hoofstuk 4: Wie of wat is die kerk?
Hoofstuk 5: Het God ’n plan met my lewe?

SKRYWERS
Chris Jones is verbonde aan Ekklesia se Kantoor vir morele leierskap, asook aan die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het al verskeie boeke gepubliseer en is ’n rubriekskrywer vir LIG.

Graham Fletcher het ’n passie om die Woord te bring na mense in die gevangenis asook mense in informele woonbuurte. Hy is sedert die middel 1990’s al in die bediening en is die stigter en voorsitter van die Ukuphula Iketanga-stigting asook die Lotssha Bedieningstrust wat in verskeie Suider-Afrikaanse lande werk.