Description
SUBTITEL: Teologie in die kerk
FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat
BLADSYE: 282 in die geval van die sagteband
OPSOMMING: “Ek dink dat wat ek in hierdie boek doen, méér intellektuele geskiedenis is as kerkgeskiedenis. As godsdiensfilosoof, analiseer ek die teologiese debatte van die tyd. Dit het my opgeval dat die kerkhistorici dit oor die algemeen nie doen nie.”
Brümmer identifiseer veral twee strome: “vroom” en “regsinnig” Een stroom fokus op vroomheid en die belewing van ’n mistieke verhouding met die Here. Regsinnigheid is vroomheid van die hart. God wil nie verstaan word nie, maar bemin word. Die ander stroom fokus op regsinnigheid en beklemtoon die kerklike belydenisskrifte. Geloof is veral ’n intellektuele saak.
Die boek herinner ons dat heelwat van die godsdienstige en teologiese probleme wat vandag aktueel is, reeds 150 jaar gelede aan die orde van die dag was. Kennisname van die wyse waarop die probleme tóé hanteer is, kan ’n wesenlike rol speel om die hervormingsprosesse van nóú verantwoordelik te laat verloop.
INHOUD
Voorwoord
Verantwoording
Inleiding: Vroom of regsinnig?
Hoofstuk 1: Andrew Murray en die spiritualiteit van die réveil
Hoofstuk 2: Hofmeyr en die spiritualteit van kindskap
Hoofstuk 3: Panteïstiese Rasionalisme
Hoofstuk 4: Hofmeyr en die “hedendaagse dwaling”
Hoofstuk 5: Andrew Murray en die “moderne ongeloof ”
Hoofstuk 6: Hoe regsinnig was Murray en Hofmeyr?
Hoofstuk 7: Hofmeyr, Murray en die teologie in Nederland
Hoofstuk 8: Kuyper aan die Kaap
Hoofstuk 9: Die etiese rigting aan die Kaap
Hoofstuk 10: Die Apologetiese skool aan die Kaap
Hoofstuk 11: Du Plessis en die stryd om vernuwing in die teologie
Hoofstuk 12:Vroom of regsinnig: die Bybel as “Woord van God” Personeregister
UITGEWER: Bybel-Media
SKRYWER
VINCENT BRÜMMER is op Stellenbosch gebore. Hy het filosofie en teologie aan die universiteite van Stellenbosch, Harvard, Utrecht en Oxford studeer. Tussen 1967 en 1997 was hy professor in godsdiensfilosofie aan die Universiteit van Utrecht. In 2012 is hy aangestel as buitengewone professor in die sistematiese teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.
Brümmer het reeds wyd gepubliseer. Hy het eredoktorate van die Universiteit Uppsala in Swede en die Universiteit Durham in Engeland ontvang. Hy is ook ridder in die Orde van die Nederlandse Leeuw.