Vrugte van die Gees: Vrede, Vreugde, Getrouheid

R89.00

Die Vrugte van die Gees-reeks is vrolike volkleurboeke vir kinders wat op Galasiërs 5:22-23 gegrond is. Hierdie boek is die eerste in die reeks.

Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories. Saam leer hulle meer oor eienskappe wat die Here graag in hulle lewe wil sien. ’n Waardevolle hulpbron vir ouers om hulle kinders Bybelse waardes te leer.

SKU: 9781415342732 Categories: , , ,

Description

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 60

OPSOMMING: Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.

Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.

Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.

Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.

• Helder en kleurvolle illustrasies
• Geestelike waarhede word prettig oorvertel
• Inhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan
• Voeg waarde toe tot ouers end kinders
• Perfekte geskenk

SKRYWER: JENNA NELL NORTHWOOD