Volhoubare Missionale Kerkwees Gespreksbord

R250.00

Laai die inligtingsblad hier af

Hierdie gespreksbord is die ideale hulpmiddel vir die leierskap in gemeentes wat nuut oor volhoubare missionale kerkwees wil dink.

Eerstens help dit deelnemers om bewus te raak van die huidige funksionering van hulle gemeente en die bedieningskeuses wat daaragter lê.

Tweedens sluit dit vir hulle moontlikhede oop wat binne ons huidige kerkreg aanvaarbaar is. Dit maak gelowiges se verbeelding los oor hoe hulle hulle as ’n plaaslike gemeente nuut kan posisioneer om aan God se groot beweging in die wêreld deel te neem.

FORMAAT: Elektroniese boek in die PDF formaat.

SKU: Gespreksbord Category:

Description

FORMAAT: Elektroniese boek in die PDF formaat.

OPSOMMING: Hierdie gespreksbord is die ideale hulpmiddel vir die leierskap in gemeentes wat nuut oor volhoubare missionale kerkwees wil dink.

Eerstens help dit deelnemers om bewus te raak van die huidige funksionering van hulle gemeente en die bedieningskeuses wat daaragter lê.

Tweedens sluit dit vir hulle moontlikhede oop wat binne ons huidige kerkreg aanvaarbaar is. Dit maak gelowiges se verbeelding los oor hoe hulle hulle as ’n plaaslike gemeente nuut kan posisioneer om aan God se groot beweging in die wêreld deel te neem.

Waaruit bestaan die produk?
• ’n Spelbord om die kaarte op uit te pak.
• 80 volkleurkaarte met bedieningsopsies in 12 kategorieë.

Hoe gebruik gemeentes die produk?
• Gebruikers koop die PDF-leggers van die spelbord en die kaarte.
• Hulle laat druk dit self op A3-karton van 240 g.
• Die gebruikers knip dan self die volkleurkaarte uit.

Belangrik om te onthou
• Hierdie produk vorm deel van ’n gefasiliteerde proses. Dit is ontwikkel saam met Communitas se fasiliteerders. Ons beveel aan dat gemeentes wat die gespreksbord wil aankoop eers met Communitas skakel om seker te maak dié hulpmiddel sal vir hulle bruikbaar wees.