Vind jou hoed – Leiersgids

R70.00

In hierdie 7-week-ontdekkingsreis kyk ons na die kleurryke prentjie wat uiteenlopende lidmate saam vorm. Hierdie leiersgids bevat agtergrondinligting en riglyne vir gemeenteleiers en groepleiers om lidmate te begelei op ʼn ontdekkingstog om hulle spesifieke gawe of kombinasie van gawes te vind.

Klik hier vir gratis video-grepe

SKU: 9780864878960 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Unieke geskenke vir ʼn Christuslewe. ʼn 7-week-ontdekkingsreis

FORMAAT: A5 Boek

AANTAL BLADSYE: 48

OPSOMMING: In hierdie 7-week-ontdekkingsreis kyk ons na die kleurryke prentjie wat uiteenlopende lidmate saam vorm. Hierdie leiersgids bevat agtergrondinligting en riglyne vir gemeenteleiers en groepleiers om lidmate te begelei op ʼn ontdekkingstog om hulle spesifieke gawe of kombinasie van gawes te vind.

Dit sluit in:
• ʼn uiteensetting van die geskenke wat Christus aan ons gee
• die werkswyse wat in die gespreksgids gevolg word
• praktiese reëlings oor hoe om groepe saam te stel
• riglyne om ruimtes te skep vir lidmate om hulle gawes te ontdek
• praktiese reëlings vir die Hoedfees om die reeks mee af te sluit
• ʼn vraelys om jou gawes te ontdek.

INHOUD
1. Inleiding
2. Christus is met sy gemeente op pad na die wêreld
3. Die geskenke wat Christus gee
4. Ons fokusteks en uitkoms
5. Hoe gaan ons te werk?
6. Die gespreksgids
7. Die wat, waar, wanneer en hoe
8. Ruimtes om ons gawes te ontdek
9. Die Hoedfees
10. Ander beskikbare hulpmiddels

Bylaes
A. Vraelys om jou gawes te ontdek
B. Bereken só jou punte vir jou vraelys

SKRYWERS
Gert Cordier, Henning Rademeyer en Wimpie Kritzinger is onderskeidelik die leraars en jeugwerker van die NG Kerk Randfontein-Noord, ʼn gemeente wat glo ons as gelowiges is almal gestuurdes wat saam uitgestuur word na God se oop deure. Dit is ook ʼn gemeente wat bekend is vir hulle hart vir kinders.