Vertel 2 (Proto-uitgawe)

R75.00R95.00

In Vertel luister ons met aandag na die Goeie Nuus om dit vir onsself nuut te ontvang en om dit aan ander oor te dra.
Ons oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons leer hoe om sulke gesprekke op ʼn sagte en respekvolle manier te voer.
Mag jou deelname aan hierdie reeks oor die oordra van die Goeie Nuus vir jou ʼn opbouende ervaring wees. En mag ander op verrassende maniere daardeur geraak en verander word.
Mag die Gees jou saam met julle gemeente op ʼn vars manier inskakel by God se beweging van liefde na die wêreld.

Clear
SKU: 9781776160174 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Dra die Goeie Nuus.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: In Vertel luister ons met aandag na die Goeie Nuus om dit vir onsself nuut te ontvang en om dit aan ander oor te dra.
Ons oefen om tye raak te sien wanneer ons die Goeie Nuus met ander kan deel. En ons leer hoe om sulke gesprekke op ʼn sagte en respekvolle manier te voer.
Mag jou deelname aan hierdie reeks oor die oordra van die Goeie Nuus vir jou ʼn opbouende ervaring wees. En mag ander op verrassende maniere daardeur geraak en verander word.
Mag die Gees jou saam met julle gemeente op ʼn vars manier inskakel by God se beweging van liefde na die wêreld.

Ontstaansagtergrond van Vertel
Vertel is geskryf en ontwerp ter uitvoering van ’n versoek van die moderamen van die NG Kerk in Wes-Kaapland en die Taakspan vir Missionale Kerkwees van die Algemene Sinode. Die teologiese begronding en konseptualisering is onder leiding van Pieter van der Walt en Nico Simpson gedoen. Die raamwerk is in verskeie gemeentes getoets. Hierdie boek is ’n verdere verfyning van die raamwerk. Bybel-Media het die produkontwikkeling gelei.

INHOUD
Voorwoord
Afskop van die reeks
Ritmes vir eredienste en kleingroepe
Goeie Nuus-gesprekke

Week 1: Die Goeie Nuus dring ons
Week 2: Die Goeie Nuus vir almal
Week 3: Deel die Goeie Nuus
Week 4: Die Goeie Nuus-verhaal
Week 5: Leef die Goeie Nuus
Week 6: Die Goeie Nuus regeer
Week 7: Vier die Goeie Nuus

Getuienis: uitgangspunte

SKRYWERS
Karlien Becker van die NG gemeente Welgemoed is die redakteur van Vertel. Verskeie leraars en leiers van die NG Kerk het tot die inhoud bygedra: Ankia du Plooy, Ettienne Engelbrecht, Nelis Janse Van Rensburg, Louis Jonker, Gielie Loubser, Frederick Marais, Nadia Marais, Marius Nel, Kobus Odendaal, Nico Simpson, Lenois Stander, Barnard Steyn. Pieter van der Walt, Heerden van Niekerk, Rethie van Niekerk en Wouter van Velden.

Additional Information

Aantal boeke

1 Boek, 5 en meer boeke