Description
Verhoog
Die spanning bou op.
Ek hoor die dowwe gedruis van teaterklanke ver weg.
Ek voel die tinteling van skoenlappers in my maag.
Daars opwinding in my vingers.
Ek herken skaars myself in die spieel.
My hart klop in my keel as ek my klere sien wat reghang.
Ek maak my oë toe, haal diep asem. En as ek my oë oopmaak is alles anders. Ek is hier. Ek is gereed. Ek is op die verhoog. Die gordyn gaan oop…
Ek is‘n konsertpianis.
Ek het die musiek van my pa gekry.
Van die eerste goed wat ek kan onthou, is hy wat walse speel op die klavier wat my ouma vir ons gegee het.
Op 6 het ek self begin speel. Ek onthou … Dis ook die jaar wat hy dood is.
Aanvanklik was die musiek die voortlewing is van hom. Ek het op sy klavier gespeel. Ek het sy musiek gespeel.
Maar mettertyd het dit my eie geraak.
Op 16 het ek my eerste konsert gehou.
‘n Konsert is ‘n eienaardige ding. Daar’s die opbou, die oefen, die aantrek, die intree in ‘n nuwe rol.
Jy raak iemand anders vir die aand.
Dit is ook so met ons doop. Van die vroegste gelowiges het by hulle doop hulle ou klere uitgetrek, en het dan na hulle doop nuwe, skoon, wit klere aangetrek. By die doop raak ons iemand anders. Kry ons nuwe klere. ‘n Nuwe mens. By die doop skyn God se lig op ons.
Die slegste van ‘n konsert is dat dit oorgaan. Elke keer as ek my konsertklere sien of aantrek, herleef ek die konsert vir ‘n oomblik … en dan is dit weg.
Die verskil met die doop is dat die konsert voortleef.
Die klere wat Christus my aantrek, trek ek nooit weer uit nie.
Christus het neergedaal … om my vir altyd te verhoog.
Vandag het ek nie meer die klavier nie. Om die waarheid te sê het ek dit geskenk vir dansskool in Knysna. Maar ek is nog steeds ‘n konsertpianis.