Verby ons gedagtes Bybelstudie

R90.00

Hierdie gespreksgids wil jou help om na jou prentjies van God te kyk, om die gesondes te voed en om die ongesondes te laat los.

Jou prentjies van God lê op ’n baie diep plek in jou binnewêreld, van waar dit jou lewe ongemerk stuur. Ongesonde prentjies van God verarm jou lewe. Daarom is dit so belangrik dat jy met gesonde prentjies van God sal leef.

Jy kan dit nie uit eie krag regkry nie. Die blote lees van ’n boek sal dit ook nie vir jou kan doen nie. Maar jy kan jou oorgee aan die Gees wat die “volle waarheid” oor God in jou binneste laat indring (Joh 16:13).

Lees, oordink, bespreek en mediteer oor hierdie 12 studies, saam met ander gelowiges. Die magtige Gees van God sal dit gebruik om jou prentjies van God, jou verhouding met Hom en jou lewe te omvorm. En om jou só oop te maak vir verrassende ontmoetings met God.

SKU: 9781776160808 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Oop vir verrassende ontmoetings met God – Ontdek die wye ruimte anderkant woorde en gedagtes – ’n Gespreksgids vir groepe

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 76

OPSOMMING: Hierdie gespreksgids wil jou help om na jou prentjies van God te kyk, om die gesondes te voed en om die ongesondes te laat los.

Jou prentjies van God lê op ’n baie diep plek in jou binnewêreld, van waar dit jou lewe ongemerk stuur. Ongesonde prentjies van God verarm jou lewe. Daarom is dit so belangrik dat jy met gesonde prentjies van God sal leef.

Jy kan dit nie uit eie krag regkry nie. Die blote lees van ’n boek sal dit ook nie vir jou kan doen nie. Maar jy kan jou oorgee aan die Gees wat die “volle waarheid” oor God in jou binneste laat indring (Joh 16:13).

Lees, oordink, bespreek en mediteer oor hierdie 12 studies, saam met ander gelowiges. Die magtige Gees van God sal dit gebruik om jou prentjies van God, jou verhouding met Hom en jou lewe te omvorm. En om jou só oop te maak vir verrassende ontmoetings met God.

INHOUD:

Inleiding

  1. Die prentjies in jou agterkop
  2. Hoeveel weet ons van God?
  3. Het ons ’n God van streng geregtigheid?
  4. Die Een met die sagte hart
  5. Maak God die lewe lekker?
  6. Die kruis
  7. Waar is God se basis dan?
  8. Die natuur
  9. Jou liggaam
  10. Ander mense
  11. Jou ervarings en handelinge
  12. Integreer God in hierdie werklikheid?

SKRYWER: Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.

You may also like…