Verbind aan Christus

R280,00

As mense wat in Jesus Christus glo, word ons nie net geroep om Hom na te volg nie; ons word ook genooi en geroep, sê Paulus, om in vereniging met Christus te leef.

Al meer teoloë vandag dink die lusteloosheid en lamheid van die Westerse Christendom het daarmee te doen dat ons hierdie boodskap van Paulus vergeet het. As ons hierdie fout in ons kerke en gemeentes kan regstel, sal dit ons op soveel ander vlakke help.

Die vereniging met Christus bring immers nie net ’n diep geborgdheid, sekerheid en vrede in ons harte nie; dit gee ook aan ons vars hoop vir die lewe en nuwe moed en durf vir die uitdagings van ons geloofspad.

SKU: 9781991234285 Categories: , , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Nagedink oor ons roeping. Om in vereniging met Christus te leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 236

OPSOMMING: As mense wat in Jesus Christus glo, word ons nie net geroep om Hom na te volg nie; ons word ook genooi en geroep, sê Paulus, om in vereniging met Christus te leef.

Al meer teoloë vandag dink die lusteloosheid en lamheid van die Westerse Christendom het daarmee te doen dat ons hierdie boodskap van Paulus vergeet het. As ons hierdie fout in ons kerke en gemeentes kan regstel, sal dit ons op soveel ander vlakke help.

Die vereniging met Christus bring immers nie net ’n diep geborgdheid, sekerheid en vrede in ons harte nie; dit gee ook aan ons vars hoop vir die lewe en nuwe moed en durf vir die uitdagings van ons geloofspad.

INHOUD:

Voorwoord deur Frederick Marais

Inleiding

Deel 1: Ons vereniging met Christus: die herontdekking van ’n belangrike geloofswerklikheid

  1. Ons vereniging met Christus: die herwinning van ’n sentrale geloofswerklikheid
  2. Paulus se ontmoeting met die opgestane, lewende Christus – en wat ons by hom kan leer
  3. Christus se werk gaan voort – en ons word saamgenooi en ingenooi
  4. Hoe moet ons die vereniging met Christus presies verstaan?

Deel 2: Wat Paulus ons wil leer oor ons verbondenheid aan Christus

  1. Die nuwe, onstuitbare werklikheid wat Christus bring – en ons is deel daarvan
  2. Deel van die familie: nie meer slawe nie, maar kinders van God
  3. Die God wat altyd gee voordat Hy vra
  4. ’n Nuwe identiteit: wees vóór doen (oor genade en regverdiging)
  5. Die Gees maak ons nuwe mense wat al meer soos Jesus lyk en leef
  6. Eenwording met Jesus: om ook saam met Hom te sterf en op te staan
  7. Om soos Jesus te leer dink
  8. Deel van die kerk: ons is die liggaam van Christus
  9. Ons lewe is saam met Christus verborge in God

 

SKRYWER: Coenie Burger was predikant in Graaff-Reinet en Stellenbosch Studentekerk voordat hy direkteur van Buvton (later Ekklesia) geword het. Hy is die skrywer van meer as 40 boeke en talle artikels. Van sy boeke is bekroon met verskeie pryse. Die SA Akademie se Totiusprys vir Teologie is ook aan hom toegeken. Coenie was ’n genoot van die Alexander von Humboldt Stigting en die Center of Theological Inquiry in Princeton, VSA. Hy het gedien as moderator van die Algemene Sinode en Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk en was op die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en The Evangelical Alliance of SA.