Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 52
OPSOMMING: Ons lewe in ’n samelewing waarin die maklik is om hoop en moed te verloor. Baie mense voel op een of ander stadium vasgekeer in hulle omstandighede, vasgeloop.
Vasgeloopte mens¡God gee nuwe Kanse! Help mense om los te breek uit die geestelike en emosionele kettings wat hulle bind. Dit is ’n boek van hoop en bevryding vir diegene wat in ’n doodloopstraat beland het. Mens leer ken die God wat vergifnis en bevryding skenk deur Sy Seun en Sy Gees. Die hoofidee van hierdie kursus (Ukuphula) is gevolglik om jou in ’n heilsame verhouding met Christus te bring en jou ’n Geesvervulde lewe te gee sodat jy die lewe wat God jou gegee het, in oorvloed kan geniet!
INHOUD
Hoofstuk 1: Het ons regtig vir God nodig?
Hoofstuk 2: Wie is Jesus?
Hoofstuk 3: Waarom het Jesus aan die kruis gesterf?
Hoofstuk 4: Die belangrikheid van berou
Hoofstuk 5: Wat is vergifnis?
Hoofstuk 6: Jy moet opnuut gebore word
SKRYWER
Chris Jones is ’n predikant van die NG Kerk en projekbestuurder: Kantoor vir Moraliteit, Buvton, asook verbonde aan die Beyers Naude-sentrum vir Publieke Teologie, Universiteit Stellenbosch.
Graham Fletcher het sedert die middel 90’s van die vorige eeu ’n passie om die Woord en versoening na mans en vroue in die gevangenis asook plakkerskampe te neem. Hy is saam met sy vrou Pam, die stigter en voorsitter van die Ukuphula Iketanga Stigting en Lotsha Bedienings Trust wat in verskeie Suider Afrikaanse lande werksaam is.