Description
SUBTITEL: Hoe my ongeneeslike kanker my leer leef het
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 176
OPSOMMING: As jy met ‘n terminale siekte gediagnoseer is, het jy twee keuses: Bly lê, vou jou toe in ‘n donker wanhoopsluier en voel jammer vir jouself. Óf jy staan op en doen die dinge wat die siekte en die wêreld nie van jou verwag nie.
In hierdie dapper, skreiend-eerlike en praktiese boek ondersoek Madelein Rust hoe sy kan leef, nou dat sy weet sy is besig om dood te gaan. Sy vul jou met deernis en laat jou self ondersoek doen oor wat jy sal doen as jy weet dat jy nie meer tyd oor het nie.
Madelein benader haar naderende dood op ’n praktiese manier. Sy ondersoek die volgende sake wat sy glo mens moet reghê voor jy sterf:
* om te ontdek wie jy werklik is
* pynbestuur
* jou behandelingspan en -plan
* hoe om ‘n boedel op te stel
* hoe om hospies te benader.
Sy gee ook ‘n lys van Bybelverse om jou te versterk en te troos.
Madelein trek as’t ware die dood se angel, vir haarself, vir die persoon wat siek is maar ook vir die siek een se geliefdes.
‘n Hartroerende opvolg op Kanker Schmanker!
SKRYWER: Madelein Rust se loopbaan as krimiskrywer skop af in 2014 met die publikasie van haar debuut, Die 13de kaart . Daarna volg daar elke jaar ’n nuwe roman waarvan drie titels vir ATKV-Woordveertjies benoem word. In 2017 word haar eerste niefiksietitel, Kanker Schmanker!, gepubliseer. Rust skryf voltyds en woon tans in Gauteng.