Van voor die wieg tot na die graf

Sale!

R70.00

Van voor die wieg tot na die graf is ʼn boek wat baie leraars en gelowiges sal help om opnuut na te dink oor liturgie en rites – oor alles wat ons in die Naam van die Vader, die Seun en die Gees sê en doen.

SKU: 9780864877406 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Rituele roetemerkers vir die drumpels van die lewe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 184

OPSOMMING: Van voor die wieg tot na die graf is ʼn boek wat baie leraars en gelowiges sal help om opnuut na te dink oor liturgie en rites – oor alles wat ons in die Naam van die Vader, die Seun en die Gees sê en doen. In baie Protestantse Kerke word die rituele kant van geloof en geloofsbegeleiding reeds baie eeue lank erg verwaarloos. Daar word gou gepraat van leë rites en van vormgodsdiens. Daarmee word amper alle rituele – soms selfs die sakramente – verdag gemaak. Hoewel ’n mens verstaan waar dit vandaan kom, sou ons met reg kon verwag dat ons vroeër al ’n goeie balans tussen woord en sakrament (en ook woord en liturgie) sou kry. Gelukkig lyk dit of die tyd vir ’n billike herevaluering nou naderkom. Ons oë gaan oop vir die belangrikheid van sakramente en rituele. Ons besef ons het die sakramente, liturgiese handelinge en rites nodig – weekliks, selfs daagliks – maar soveel te meer in tye van onsekerheid en oorgang soos ons dit nou al so lank in Suid-Afrika beleef. Sonder hierdie rituele en rites verarm ons gemeentes en bedienings. Met hierdie boek laat Cas Wepener ons opnuut nadink oor die heilige handelinge en aksies van die kerk waardeur die Here – gewoonlik in kombinasie met die Woord – ons wil leer om te glo, te hoop en lief te hê. Hy gee praktiese voorbeelde van wat ons kan doen, asook voorstelle vir liturgieë wat in gemeentes gebruik kan word.

INHOUD
Voorwoord deur Coenie Burger
Inleiding: Die souffleur en die water

Deel I – Oorgange en oorgangsrituele
1. Oorgange en lewensfases
2. Oorgangsrituele (rites de passage)
3. Liminaliteit
4. Water
5. Ten slotte

Deel II – Die Afskeidsgesprekke in Johannes: boodskappe en liturgiese idees
6. Inleiding tot die Afskeidsgesprekke
7. Johannes 15:26-27 en 16:4b-11 – Die (v)oordeel van (af)wesigheid
8. Johannes 13:31-35 – Weg, gesoek, gevind
9. Johannes 14:23-29 – Xtreme make-over
10. Johannes 15:9-17 – Wat ʼn vriend het ons in Jesus
11. Johannes 16:12-15 – Om in die waarheid gelei te word
12. Johannes 14:8-17 – Moenie dat die geesdrywers jou ontstel nie 13. Johannes 17:20-26 – Eenheid en heerlikheid

Deel III – Doop en kategumenaat in verlede en hede
14. Die kategumenaat in die eerste eeue (60-312 nC)
15. Die kategumenaat in ʼn staatskerk (312-600 nC)
16. Die verval van die kategumenaat in die Middeleeue (500-1550)
17. Die reaksie van die Hervorming
18. Vanaf 1960 tot op hede – ʼn herontdekking en nuwe belangstelling

Deel IV – Die heruitvinding van oorgangsrituele
19. Roetemerkers vanuit die vorige peilings
20. Doop en dood

Ten slotte: Steeds die souffleur
Bronnelys

SKRYWER

Cas Wepener het Teologie en Liturgie gestudeer aan die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Tilburg, Nederland. Daarna het hy in enkele gemeentes as predikant gedien en by Communitas as navorser gewerk. Sedert 2010 is hy medeprofessor in Praktiese Teologie aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Buiten vele artikels vir akademiese tydskrifte het Cas al verskeie publikasie oor liturgie en prediking die lig laat sien, onder meer Soos ʼn blom na die son draai, Aan tafel met Jesus, From fast to feast en Ontdekkings in die erediens. In 2013 debuteer hy met ʼn kortverhaalbundel met die titel Dubbelfoto. Hy is getroud met Clara en hulle het drie kinders, Aloise (11), Adriana (9) en Casper (6).