Description
SUBTITEL: ’n Tien-weke-reis met God: Lesse uit Eksodus
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 84
OPSOMMING: Ons almal ken die uittogverhaal in Eksodus. Ons het daarmee grootgeword.
Die boek Eksodus maak ons egter bewus van soveel meer as die uittog. Ons ontdek opnuut hoe barmhartig en genadig God is; ons beleef dat Hy, die lewende God, lankmoedig en vol liefde is. Al is ons vandag nog, net soos die Israeliete destyds, kleingelowig, opstandig, hardkoppig en ontrou, gee God vir ons nuwe kanse. Keer op keer bevry God ons. Weer en weer vergewe God ons.
En die onbegryplike wonder is dat God belowe om saam met ons te reis, want God weet ons pad in vryheid in vra van ons baie geloof en volharding. En God verseker ons: Ons uittogverhaal is baie meer as ’n eksodus, want die uitkoms is seker.
INHOUD:
Inleiding: Meer as ’n eksodus
Week 1: Die uitkoms is seker
Week 2: Nie alleen nie
Week 3: Jy is op gewyde grond
Week 4: Net God se pad
Week 5: Verlos by die Rietsee
Week 6: Die gawes, maar God
Week 7: Maak dit ’n beter plek
Week 8: Afgesonder vir die Here
Week 9: Godsdiens en godsdiens
Week 10: Oordeel en genade
SKRYWER: Jaco Thom is predikant en bekende skrywer van Bybelstudies, Bybelromans en Jaco se Bybelkoerant (aanlyn). Jaco het al tientalle Bybelstudies geskryf wat die lewe van soveel gelowiges verryk en hulle geloof verdiep. Sy Bybelstudies is baie gewild onder kleingroepe en omgeegroepe.