Uitgenooi: Bybelstudie

R100,00

14 Bybelstudie-sessies wat jou sal laat ontdek God is hier en nou besig om iets in jou te doen deur wat jy lees.

Uitgenooi neem jou op ’n reis deur die Evangelie van Johannes. Dit nooi jou om stil te hou by sewe padtekens, sewe stories. Stories wat hulle geheimenisvolle betekenis net weggee aan reisigers wat tot stilstand kom en kyk, en aanhou kyk.

Hierdie sewe tekenverhale wat Johannes vertel, is soos vensters waardeur ons kan tuur om nader aan die wonderlike dieptes in dié Evangelie te kom. Maak jou reg om die woorde wat jy gaan lees en bepeins in jou te laat bly. Om jou kop, hart en intuïsie te laat oopgaan. Om jou diep te raak. Om jou te omvorm.

En mag jy luisterend die ryk betekenis ontvang wat die Here deur sy woorde vir jou wil gee.

Beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik:

SKU: 9781991234223 Categories: , ,
Vra vir meer inligting

Description

SUBTITEL: Bybelstudie vir groepe of individue. Meditasies oor Johannes se sewe tekenverhale. ’n Geloofsreis deur sewe wonders van Jesus

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 80

OPSOMMING: 14 Bybelstudie-sessies wat jou sal laat ontdek God is hier en nou besig om iets in jou te doen deur wat jy lees.

Uitgenooi neem jou op ’n reis deur die Evangelie van Johannes. Dit nooi jou om stil te hou by sewe padtekens, sewe stories. Stories wat hulle geheimenisvolle betekenis net weggee aan reisigers wat tot stilstand kom en kyk, en aanhou kyk.

Hierdie sewe tekenverhale wat Johannes vertel, is soos vensters waardeur ons kan tuur om nader aan die wonderlike dieptes in dié Evangelie te kom. Maak jou reg om die woorde wat jy gaan lees en bepeins in jou te laat bly. Om jou kop, hart en intuïsie te laat oopgaan. Om jou diep te raak. Om jou te omvorm.

En mag jy luisterend die ryk betekenis ontvang wat die Here deur sy woorde vir jou wil gee.

INHOUD:

Inleiding

Die eerste teken (1): die fees (Joh 2:1-12)

Die eerste teken (2): die fees (Joh 2:1-12)

Die tweede teken (1): woorde wat lewe gee (Joh 4:46-54)

Die tweede teken (2): woorde wat lewe gee (Joh 4:46-54)

Die derde teken (1): kanale vir die Lewegewer (Joh 5:1-9)

Die derde teken (2): kanale vir die Lewegewer (Joh 5:9-30)

Die vierde teken (1): God gee Homself (Joh 6:1-15)

Die vierde teken (2): God gee Homself (Joh 6:1-15, 22-71)

Die vyfde teken (1): die teenwoordige in die storm (Joh 6:16-21)

Die vyfde teken (2): die teenwoordige in die storm (Joh 6:16-21)

Die sesde teken (1): die lig vir die mense (Joh 9)

Die sesde teken (2): die lig vir die mense (Joh 9)

Die sewende teken (1): die dood wat tot lewe lei (Joh 11:1-44)

Die sewende teken (2): die dood wat tot lewe lei (Joh 11:1-44)

Ons vat saam

SKRYWER: Willem Nicol het ʼn doktorsgraad in Nuwe Testament en in Sistematiese Teologie. Hy was 33 jaar lank studenteleraar vir die NG Kerk in Pretoria. Daarna het hy ʼn vryskutpredikant geword om op die kontemplatiewe kant van spiritualiteit te fokus. Hy het reeds nege boeke oor hierdie onderwerp gepubliseer. Willem het ʼn passie vir ʼn leefstyl met ʼn bewussyn oop vir die Here. Hy is getroud met Joke en hulle het drie getroude kinders.

You may also like…

  • Uitgenooi

    R170,00
    Add to cart
    R170,00

    Uitgenooi neem jou op ’n reis deur die Evangelie van Johannes. Dit nooi jou om stil te hou by sewe padtekens, sewe stories. Stories wat hulle geheimenisvolle betekenis net weggee aan reisigers wat tot stilstand kom en kyk, en aanhou kyk.

    Hierdie sewe tekenverhale wat Johannes vertel, is soos vensters waardeur ons kan tuur om nader aan die wonderlike dieptes in dié Evangelie te kom. Maak jou reg om die woorde wat jy gaan lees en bepeins in jou te laat bly. Om jou kop, hart en intuïsie te laat oopgaan. Om jou diep te raak. Om jou te omvorm.

    Mag hierdie boek jou laat ontdek dat God hier en nou besig is om iets in jou te doen deur dit wat jy lees. En mag jy luisterend die ryk betekenis ontvang wat die Here deur sy woorde vir jou wil gee.

    Beskikbaar om saam met hierdie Bybelstudieboek te lees:

    Add to cart
    Kyk gou