Uit die Beek 2024

Sale!

R196.00

Spesiale 20% afslag slegs geldig tot 28 September 2023

“Gees van God, U wat soos ’n wind waai waar U wil, waai asseblief ook oor my.”

Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2024 voltooi ons die vier jaar lange reis deur die Bybel, en ons lees uit Numeri, Josua, 1 en 2 Kronieke, Esra en Nehemia, ’n handvol Psalms en ’n klompie Spreuke, Hooglied, Klaagliedere, die laaste deel van Esegiël, Hosea, Joël, Haggai, Sagaria en Maleagi. In die Nuwe Testament lees ons uit Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

SKU: 9780796323200 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: 365 dagstukkies

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 392

OPSOMMING: “Gees van God, U wat soos ’n wind waai waar U wil, waai asseblief ook oor my.”

Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2024 voltooi ons die vier jaar lange reis deur die Bybel, en ons lees uit Numeri, Josua, 1 en 2 Kronieke, Esra en Nehemia, ’n handvol Psalms en ’n klompie Spreuke, Hooglied, Klaagliedere, die laaste deel van Esegiël, Hosea, Joël, Haggai, Sagaria en Maleagi. In die Nuwe Testament lees ons uit Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

SKRYWER: Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.