Description
SUBTITEL: 365 dagstukkies
FORMAAT: Sagteband Boek
AANTAL BLADSYE: 392
OPSOMMING: “U is soggens se opstaan en saans se gaan slaap. Dankie vir vanjaar se reisplanne. Ek volg in u spoor.”
Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en
inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant.
Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus,
Deuteronomium, I en II Konings, ’n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
SKRYWER: Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.