Uit die Beek 2022

R225.00

“Nie ’n tree nie, Here, nie een enkele tree gee ek in hierdie nuwe onbekendheid as U nie by my is nie.” Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Soos altyd word daar gepoog om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe.

Met Uit die Beek 2022 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees vanjaar uit Eksodus, Rigters, Job, Spreuke, Jeremia en Amos. Asook Matteus, 2 Korintiërs, Efesiërs, Filemon, Hebreërs en Jakobus. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

SKU: 9780796322746 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: 365 Dagstukkies

FORMAAT: Sagtband Boek

AANTAL BLADSYE: 392

OPSOMMING:

“Nie ’n tree nie, Here, nie een enkele tree gee ek in hierdie nuwe onbekendheid as U nie by my is nie.” Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Soos altyd word daar gepoog om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe.

Met Uit die Beek 2022 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees vanjaar uit Eksodus, Rigters, Job, Spreuke, Jeremia en Amos. Asook Matteus, 2 Korintiërs, Efesiërs, Filemon, Hebreërs en Jakobus. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

SKRYWER: Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKVveertjie vir een van sy LiGstories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSAprys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murrayprys vir Ewigheid in my hart.