Toorbos

R290.00

Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroegvroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word raakgesien deur Johannes, ’n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bosarmoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, trou hulle en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan.

In die bos is daar ’n mistieke ervaring moontlik – terwyl die dorpsbestaan aan ’n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van hom, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar “iewers, iewers iets verskriklik verkeerd” is.

Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: wie´sjy, wie´sjy.

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 432

OPSOMMING: Karoliena Kapp is ’n alleenkind. Haar pa is vroegvroeg deur ’n weerligstraal doodgeslaan, en sy aanvaar die bos as haar oermoeder. Karoliena is mooi; sy word raakgesien deur Johannes, ’n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van die bosarmoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, trou hulle en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan.

In die bos is daar ’n mistieke ervaring moontlik – terwyl die dorpsbestaan aan ’n selfgerigte geldsoeke gewy word. Sy is verlief op Johannes – baie ouer as sy – en is half betower deur die nuwe vooruitsigte wat hy vir haar bied. Maar Karoliena gebruik die heel eerste geleentheid om weg te loop van hom, reguit terug bos toe. Want die dag na die huwelik weet sy dat daar “iewers, iewers iets verskriklik verkeerd” is.

Sy het die verkeerde keuse gemaak: sy het van die bos weggevlug. Sy het haar kosbare vryheid verruil vir ’n kou. Nou is sy bang. Sy vat dus die pad terug bos toe, terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: wie´sjy, wie´sjy.

SKRYWER: Dalene Matthee (19382005) het internasionale roem verwerf met haar bosromans, Kringe in ’n bos (1984), Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). Meer as ’n miljoen kopieë van haar boeke is al verkoop en haar werk is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Engels, Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands.