Description
SUBTITEL: Stiltetydgids – 45 dagreise na heelheid
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 120
OPSOMMING: ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.
Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.
DIE TEMAS IS SPESIFIEK GEKIES OM GELOWIGES TE HELP EN TE LEI OM NUUT TE DINK EN TE GLO.
Organiseerder ToekomsVenster: Jannie Pelser
E-pos: info@toekomsvenster.co.za
Webtuiste: www.toekomsvenster.co.za
Tel: 011 665 2017 (Drienie)
Besoek ook toekomsvenster.bybelmedia.org.za
DVD beskikbaar vir kleingroepbegeleiding – 011 665 2017 (Drienie)
INHOUD
Week 1: Gebreek
Week 2: Heel mense wéét: God maak ons heel
Week 3: Heel mense wéét: Jesus maak ons heel
Week 4: Heel mense wéét: Die Heilige Gees maak ons heel
Week 5: Heel mense wéét: Ander mense maak ons heel
Week 6: Heel mense het wysheid
Week 7: Heel mense leef gedissiplineerd
Week 8: Heel mense het enkelvisie
Week 9: Heel mense het ’n sosiale gewete
SKRYWER
Annes Nel is tans predikant in Noord-Ierland. Hy is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en het drie boeke vertaal, onder meer Dietrich Bonhoeffer se Wat dissipelskap kos. Annes se passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.