ToekomsVenster – Ons behoort aan mekaar

R120.00

ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.
Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.
Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

OOK BESKIKBAAR IN DIE REEKS
ToekomsVenster – Volg Jesus
ToekomsVenster – Die keuses wat ek maak
ToekomsVenster – Op pad na heelheid
FutureWindow – On our way to healing

Description

SUBTITEL: Stiltetydgids – 45 dagreise oor liefde vir mekaar

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 152

OPSOMMING: Mense beleef God dikwels op ’n afstand beleef. Daar is verskillende redes hiervoor. Een daarvan is dat hulle gewoon nie meer ervaar dat God in die wêreld werksaam is nie.

Ek glo die liggaam van Christus kan hierdie negatiewe ervaring verander. Ek glo die liggaam van Christus wat getrou bly aan die waarheid, Jesus Christus, wat hierdie waarheid verkondig en wat in gemeenskap met Christus al hoe meer soos Hy word, kan die “afstand” van God oorbrug.

Mag hierdie stiltetydgids oor ons liefde vir mekaar jou en jou gemeente help om waarlik God se hande, voete, oë en hart in hierdie wêreld te wees sodat al hoe meer mense sal sê: “As God my Vader is, is die kerk my moeder.”

Meer oor ToekomsVenster
ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.
Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.
Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

INHOUD
Week 1: Ons is ’n gemeenskap wat op die waarheid gebou is
Week 2: Ons is een liggaam
Week 3: Ons bedien mekaar
Week 4: Ons bedien mekaar met ons gawes
Week 5: Ons bedien mekaar met liefde
Week 6: Ons is mekaar se wagters
Week 7: Die bediening van medelye
Week 8: Die bediening van gebed
Week 9: Die bediening van hoop  

SKRYWER
Annes Nel is tans predikant in Noord-Ierland.  Hy is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en het drie boeke vertaal, onder meer Dietrich Bonhoeffer se Wat dissipelskap kos. Annes se passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.