Tjoppie se verjaardag

R95.00

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 32

OPSOMMING: Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

SKRYWER: Liz de Villiers het as lektor in visuele kommunikasie by die AAA School of Advertising in Kaapstad gewerk en onlangs haar MA in Ontwerp te CPUT voltooi. Sy woon en werk tans as professor in grafiese ontwerp by die universiteit van Indiana in the VSA.

ILLUSTREERDER: Vian Oelofsen is ‘n voltydse kinderboekskrywer en illustreerder. Hy werk vir plaaslike, sowel as internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Dasreekse. Hy woon in Stellenbosch.