Tjoppie en die skat

R110.00

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. FluitFluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 32

OPSOMMING: Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. FluitFluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

SKRYWER: Liz de Villiers het as lektor in visuele kommunikasie by die AAA School of Advertising in Kaapstad gewerk en onlangs haar MA in Ontwerp te CPUT voltooi. Sy woon en werk tans as onderwyser in Engels in Sejong in SuidKorea.

ILLUSTREERDER: Vian Oelofsen is ‘n voltydse kinderboekskrywer en illustreerder. Hy werk vir plaaslike, sowel as internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Dasreekse. Hy woon in Stellenbosch.