Tien gebooie

R60.00

God se tien gebooie is die kantlyne van ons speelveld in die lewe. Dit baken vir ons die ruimte af waarbinne ons die spel van die lewe kan geniet. Solank ons op die speelveld is, is ons veilig. Buitekant dié kantlyne kan ons ook leef, maar daar is ons op onsself aangewese.

God se tien gebooie is baie meer as net ʼn klomp moets en moenies. Dit help ons om voluit te leef binne die ruimte wat God vir ons as sy kinders geskep het, net soos God dit bedoel het.

Description

SUBTITEL: Méér as net reëls, ‘n 10-weke-Bybelstudie

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  64

OPSOMMING: God se tien gebooie is die kantlyne van ons speelveld in die lewe. Dit baken vir ons die ruimte af waarbinne ons die spel van die lewe kan geniet. Solank ons op die speelveld is, is ons veilig. Buitekant dié kantlyne kan ons ook leef, maar daar is ons op onsself aangewese.

God se tien gebooie is baie meer as net ʼn klomp moets en moenies. Dit help ons om voluit te leef binne die ruimte wat God vir ons as sy kinders geskep het, net soos God dit bedoel het.

INHOUD

Die tien gebooie (ʼn verwerking)

Inleiding

  1. Eerste gebod: Daar is net een God

Die ryk jongman (Luk 18:18-30; Eks 20:2-3)

  1. Tweede gebod: Laat God toe om God te wees

Die goue kalf (Eks 31:18 – 32:24; 20:4-6)

  1. Derde gebod: Jy dra God se Naam

Moses by die brandende bos (Eks 3:1-15; 20:7)

  1. Vierde gebod: Sondag is rusdag

Jesus en die sabbat (Mark 2:23 – 3:6; Eks 20:8-11)

  1. Vyfde gebod: Eer jou ouers

Jakob bedrieg sy pa, Isak (Gen 27; Eks 20:12)

  1. Sesde gebod: Mense is kosbaar

Liefde vir mekaar (1 Joh 3:11-17; Eks 20:13)

  1. Sewende gebod: Die huwelik is heilig

God maak die mens man en vrou (Gen 2:18-25; Eks 20:14)

  1. Agtste gebod: Jy het die reg op besittings

Jakob en Esau en ʼn pot lensiesop (Gen 25:19-34; Eks 20:15)

  1. Negende gebod: Jou woord is jou eer

Praat altyd die waarheid (Gen 3:1-13; Eks 20:16)

  1. Tiende gebod: Jou hart is God s’n

Om tevrede te wees met wat jy ontvang het (Ps 73; Eks 20:17)

Riglyne vir groepleiers