Ter wille van geluk

R110.00

Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dié nuwe pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot
vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy fisioterapeut te
wees? Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon
wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy
manewales te keer. Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?

SKU: 9780624086277 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op ’n lêer. Dié nuwe pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot
vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy fisioterapeut te
wees? Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar – haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie – kon
wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy
manewales te keer. Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?

SKRYWER
Naretha Franken is in die Caledondistrik gebore. Sy voltooi matriek aan Namakwaland Hoërskool op Springbok, waarna sy na Worcester
trek en vier jaar later met MC Franken trou. Drie kinders word uit die huwelik gebore, en die gesin woon nou in Brackenfell.