Description
SUBTITEL: Kantaantekeninge oor preek en preekmaak
FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat
BLADSYE: 176 in die geval van die sagteband
OPSOMMING: Vir meer as 2 000 jaar is prediking die draer van goeie nuus. Daar is talle uitdagings wat in die prediking verreken moet word: digitale kommunikasie, die groter klem op die visuele, die koms van elektroniese hulpmiddele, die groter klem op intimiteit en interaktiwiteit en die globalisering van idees.
Hierdie is ’n publikasie wat predikers se potlode te probeer skerp maak. In hierdie lekkerlees-boek vind jy 18 uiteenlopende predikers se preekpraktyke. Ons het die volgende vier vrae aan hulle gevra:
*Waarom moet ons nog preek?
*Wat is prediking?
*Hoe kom ek by my predikingpraktyk?
*Wat vra die konteks in Suid-Afrika vandag in prediking?
Dit is nie ’n akademiese boek nie, dit is eerlike nadenke uit elke predikant se preekhart en
-praktyk. ’n Verskeidenheid predikante is genader: bekendes en minder bekendes, jeugwerkers en studenteleraars, manlike en vroulike predikers, jong en ouer leraars, leraars in die bediening en die buite die hoofstroomkerke.
Ons hoop dat hierdie blootstelling aan ander se preekpraktyke jou eie sal slyp, jou teorie oor prediking sal verryk en jou vreugde op die kansel sal vermeerder en sodoende sal bydrae daartoe dat die heerlikheid van God meer sigbaar en hoorbaar sal word.
Teen my sin en beterwete is bedoel vir elkeen wat Sondae preek en/of wat ’n belangstelling in en passie vir prediking het. Die boek bied jou die geleentheid om jou eie preekpraktyk met dié van ander te vergelyk. Jy kry kans om in die veilige ruimte van jou studeerkamer by ander predikers te leer.
Dis die skrywers se gebed dat hierdie blootstelling aan hulle preekpraktyk jou eie sal slyp, jou teorie oor prediking sal verryk, jou vreugde op die kansel sal vermeerder en ook daartoe sal bydrae dat die heerlikheid van God meer sigbaar en hoorbaar sal word.
Teen my sin en beterwete bevat bydraes deur onder andere: Johann Symington, Christina Landman, Johan Cilliers, Stephan Joubert, Nelius Steyn en Nico Koopman.
Inhoudsopgawe:
Voorwoord
1. Teen my sin en beterwete – Johann Symington
2. Op reis met my preek – Christina Landman
3. Soos een van die kinders van die gemeente –Louis Venter
4. Om die waarheid te praat oor God – Andries Cilliers
5. Om God se hart aan mense te kommunikeer –Arno Mattheus
6. In die driehoek – Ben de Klerk
7. Ruimtetoeris opsoek na God se stem – Hancke van Blerk
8. Om die onsienlike te kan sien en die ondenkbare te kan dink – Ronel Meylahn
9. Om met die vinger te wys na Jesus – Tinus Zyl
10. Nie meer “lone rangers” op kansels nie –Stephan Joubert
11. Stewige vertrouensverhouding dié bepalende faktor – Nelius Steyn
12. Met ‘n buitengewone dik wysvinger – Nico Koopman
13. ’n Kuns wat aangeleer word – Callie Roos
14. Die dwaasheid van die prediking – Ian Nell
15. ’n Reënboog van teologiese en kerklike praktyke – Johan Cilliers
16. Die ander faktor – Johan Carstens
17. Om weekliks geboorte te skenk – Deon Bester
18. Dis nou 12 lopies per boulbeurt – Pieter Barnard
SKRYWERS
Dr Deon Bester is predikant van die NG Gemeente Paarl-Vallei sedert 2006.
Prof Johan Cilliers is sedert 2001 ’n professor in Homilitiek en Liturgie by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit Stellenbosch.
Dr Ian Nell is sedert 2007 ’n senior lektor in Praktiese Teologie by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit Stellenbosch.
(In samewerking met die Taakspan vir Eredienste en Prediking van die Algemene Diensgroep vir Gemeenteontwikkeling [ADGO])
Coenie Burger en Hennie Pieterse (Adviseurs)
Teen my sin en beterwete bevat bydraes deur onder andere: Johann Symington, Christina Landman, Johan Cilliers, Stephan Joubert, Nelius Steyn en Nico Koopman.