Tannie Perskop se potjiekospenarie

R100.00

Barend Vos, oftewel Grootseun, se briefsketse aan Ma en Pa oor tannie Perskop en haar genote in Jongdominee se plattelandse gemeente, is van die lekkerste, sappigste, vrolikste, ráákste leesgoed wat jy jou kan voorstel. In die gesinstydskrif LIG is dié sketse die afgelope paar jaar ligpunte wat lesers nie kan laat wag dat die volgende uitgawe verskyn nie.

SKU: 9780799329582 Category:

Description

FORMAAT: Boek

Wat sê die kritici:

“…’n plattelandse brigade wat reeds volksbesit geword het.” – Volksblad

“Dié dominee het ‘n fyn oog en oor…” – Huisgenoot

“Die soort stories waaruit jy vir jou lewensmaat grepies sal wil voorlees (as jy jou lag kan hou).” – George Weideman in Taalgenoot

SKRYWER

Barend Vos is predikant op Warrenton en Windsorton.