Tafel

R0.00

Tafel

Ons huis het twee tafels gehad – die kombuistafel en die eetkamertafel

Ek kon enige tyd by die kombuistafel gaan sit.
Ek kon vertel van my dag –
die goeie en die slegte, die op en die af.

Of ek kon net daar sit, net daar wees.

Die kombuis is ‘n goeie plek.
Daars altyd plek vir jou – altyd iemand wat luister
Jy word nooit weggewys nie
Ma is daar – Ma is altyd daar…

Tydsduur: 05:12

File grote: 79MB

Formaat: MP4 (ZIP)

Categories: , ,

Description

Tafel

Ons huis het twee tafels gehad – die kombuistafel en die eetkamertafel

Ek kon enige tyd by die kombuistafel gaan sit.
Ek kon vertel van my dag –
die goeie en die slegte, die op en die af.

Of ek kon net daar sit, net daar wees.

Die kombuis is ‘n goeie plek.
Daars altyd plek vir jou – altyd iemand wat luister
Jy word nooit weggewys nie
Ma is daar – Ma is altyd daar.

Eendag lees ek in ‘n Time artikel van ‘n man wat bly in ‘n kusdorpie in Japan. Elke dag loop hy op die rotshange, opsoek na iemand wat dalk wil selfmoord pleeg.
En as hy iemand sien wat daar op die afgrond staan, dan nooi hy die persoon vir ‘n koppie sop. Want, sê hy, ‘n koppie sop herinner jou aan jou ma se huis, jou ma se kombuis.

Ons huis het ook ‘n eetkamertafel gehad –
Daar het ek nie altyd so veilig gevoel nie.
Om die tafel was daar dikwels lewendige debatte.
Van argumente oor gewigtige sake tot ‘is-issie’ stryery.
Elkeen het sy eie strategie gehad – duiwels advokaat, vuilspeel of stilstuipe.
As jongste kon ek nie altyd byhou met die gesprekke nie.
Jy moes veg vir ‘n spreekbeurt, en as jy iets gesê het, is jy sommer vinnig op jou plek gesit.
By die eetkamertafel moes jy jouself bewys.

Ons ken almal sulke plekke, sulke gesprekke
waar jy net kan deelneem as jy jouself kan handhaaf.
Waar jy net deel is as jy inpas, in lyn is, of jou plek ken.

Die verskil tussen ons eetkamertafel en ons kombuistafel was dat ek…
by die een ek altyd veilig en gewaarder gevoel het…
maar by die ander was ek in kompetisie met my eie gesin.

Die doop is die deur na die kombuis.

As ‘n briefskrywer vir ons verduidelik hoe dit in gelowiges se ‘kombuis’ gaan, dan sê hy:
Die swakkes en die sterktes is hier ewe belangrik.
Ons is geneig om mekaar te groepeer, te ettiketeer of te klassifiseer. Maar hier, hier in die kombuis, doen ons nie dit nie.

1) Miskien kyk jy van buite af, jy sien die lig is aan en jy wonder wat gebeur anderkant die deur van die kombuis, of daar plek is vir jou by die kombuistafel.

2) Miskien is jy al van kleins af in die kombuis, maar is jy onseker of jy hier hoort.
Dalk is jy bang om jouself te wees … jou ware self te wys

3) Of miskien bevind jou jouself by ‘n eetkamertafel, en verlang jy na egte verhoudings, eerlike nabyheid. Dat ons vir mekaar kan omgee anderkant debatte en verskille.

Mag die doop jou help om te weet dat daar altyd plek is vir jou by die kombuistafel.
Mag die doop ons help om mekaar as familie tuis te laat kom om een tafel.

Dit is goed om die tafel
want ons het dieselfde Ma
en Sy is altyd daar.