stuur-vreugde

R180.00

Barnabas se lewe inspireer kosbare geloofswaardes by ons. Hy inspireer ons om te glo én te doen. Hy spoor ons aan om met opregtheid te gee. Hy laat ons selfloos en gestuurd leef. Hy leer ons om ’n bemagtigende mentor, ’n spanlid, ’n diensgerigte leier en ’n omgee-reus te wees.

Barnabas wys vir ons hoe om onversigtige oorgawe te ontwikkel vir wanneer die Here ons roep en stuur. Hy laat ons besef die Here stuur doodgewone mense wat oorgegee leef. En hy leer ons hoe om ons roeping te geniet en momentum te laat kry. Dit gebeur ten spyte van ontwrigte verhoudings, lewensgevaarlike situasies en ’n klomp moeilike persoonlikhede.

Mag jy in hierdie sewe weke groei in jou onversigtigheid om sonder skerp remme die Here Jesus se koninkryk te laat kom en sy Naam al verder uit te dra. Mag jy al makliker die struikelblokke en inhiberende uitdagings miskyk wanneer die Here jou roep en stuur. Mag jy ander mense se giere en grille nie in die pad van Jesus se ryk laat staan nie. En mag jy die Here al meer vertrou en sy onbeskryflike groot liefde geniet, maar dit ook maklik uitdeel.

stuur-vreugde is ook as ’n digitale produk beskikbaar. Besoek missio.org.za vir meer inligting.

Ander boeke in die vreugdetrilogie:

bid-vreugde
gee-vreugde

Description

SUBTITEL: Ontdek die vervulling van ’n gestuurde lewe – ʼn Reis van sewe weke saam met Barnabas en Paulus

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: Barnabas se lewe inspireer kosbare geloofswaardes by ons. Hy inspireer ons om te glo én te doen. Hy spoor ons aan om met opregtheid te gee. Hy laat ons selfloos en gestuurd leef. Hy leer ons om ’n bemagtigende mentor, ’n spanlid, ’n diensgerigte leier en ’n omgee-reus te wees.

Barnabas wys vir ons hoe om onversigtige oorgawe te ontwikkel vir wanneer die Here ons roep en stuur. Hy laat ons besef die Here stuur doodgewone mense wat oorgegee leef. En hy leer ons hoe om ons roeping te geniet en momentum te laat kry. Dit gebeur ten spyte van ontwrigte verhoudings, lewensgevaarlike situasies en ’n klomp moeilike persoonlikhede.

Mag jy in hierdie sewe weke groei in jou onversigtigheid om sonder skerp remme die Here Jesus se koninkryk te laat kom en sy Naam al verder uit te dra. Mag jy al makliker die struikelblokke en inhiberende uitdagings miskyk wanneer die Here jou roep en stuur. Mag jy ander mense se giere en grille nie in die pad van Jesus se ryk laat staan nie. En mag jy die Here al meer vertrou en sy onbeskryflike groot liefde geniet, maar dit ook maklik uitdeel.

stuur-vreugde is ook as ’n digitale produk beskikbaar. Besoek missio.org.za vir meer inligting.

WAT DIE BOEK JOU BIED:

  • Vir die aanbieder: agtergrondinligting oor Barnabas; inligting oor hoe om die boek te gebruik; by die Bybelgesprek is daar meer inligting oor Barnabas se lewe wat met die week se tema verband hou
  • Vir die kleingroepe: gesprekstemas en -vrae oor elke week se tema; ’n kunswerk wat by die tema aansluit en nadinkvrae daaroor; stilwordoomblikke vir 5 dae van die week:
  • Dag 1: Bybelgesprek: ’n teksgedeelte en gesprek oor temas uit Barnabas se lewe wat ook aspekte van Jesus se voorbeeld beklemtoon en lesers aanmoedig om dit na te streef
  • Dag 2: Gedig: ’n eenvoudige gedig uit die pen van ’n nie-digter wat die temas probeer besing en herhaal, met vrae om oor na te dink
  • Dag 3: Unieke skets: ’n amateurskets wat met ’n rekenaarmuis gedoen is om die tema uit te beeld, met geleentheid vir die lesers om daaroor na te dink en hulle eie sketse te maak
  • Dag 4: Inspirasiestories: inspirerende geloofstories uit die kerk in die Midde-Ooste en Noord-Afrika (MENA)
  • Dag 5: Van kennis na wysheid: gesprekke om die kennis (geloofstemas) in wysheid (geloofsgewoontes) te laat oorgaan, en dit as gedragspatrone vas te lê
  • Vir jeugleiers, jeugpredikante en kategete: ’n Kindertyd met ’n memoriseervers, aktiwiteite en gespreksvrae wat elke week se tema by die kinders sal vaslê
  • Genoeg preekstof vir leraars om Sondae oor die temas te kan preek; aanvullende stof kan met vrug bygewerk word

INHOUDSOPGAWE:

Inleiding: agtergrond, wat die boek bied, en hoe om hierdie boek te gebruik

Week 1: ’n Dienskneg-leier (Hand 11:19-30)
Week 2: ’n Onselfsugtige gewer (Hand 4:32-37)
Week 3: ’n Bemagtigende mentor (Hand 13:1-12)
Week 4: ’n Medeleier en spanlid (Hand 13:13; 15:36-41)
Week 5: ’n Omgee-reus (Hand 15:37-38; Kol 4:10; Fil 1:24; 2 Tim 4:11)
Week 6: ’n Gestuurde wat lig gereis het (Hand 15:1-12)
Week 7: ’n Onstuitbare doener van geloof (Gal 2:1-10)

SKRYWER: Dave Viljoen is predikant by NG gemeente Kenridge.