Studies in Ethics and Theology 3: Die ‘kritiese stem’ teen apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk (1905-1974) (e-Boek)

R101.00

In hierdie boek word die kritiek teen apartheidsteologie in die bydraes van Ben Marais en Beyers Naude beskryf en ondersoek. Die vraag wat hier aan die orde gestel word, is hoe hierdie twee figure die verskille tussen hulle eie posisie en die van apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk bewustelik, maar ook nie-bewustelik verstaan het.

FORMAAT: Elektroniese boek in die PDF formaat.

Description

SUBTITEL: ‘n Analise van die bydreas van Ben Marais en Beyers Naude

FORMAAT: Elektroniese boek in PDF-formaat

BLADSYE: 702

OPSOMMING: Daar was twee teologiese strominge in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, naamlik apartheidsteologie (soos dit uiteindelik neerslag gevind het in Ras, volk en nasie en volkereverhoudinge in die lig van die Skrif (RVN) (1974) in die tydperk van 1905-1974, en die sogenaamde “kritiese stem” in die Ned Geref Kerk soos verteenwoordig, onder andere, in die lewe en werk van Ben J Marais en CF Beyers Naudé in die tydperk tot en met 1994. In hierdie boek word die kritiek teen apartheidsteologie in die bydraes van Ben Marais en Beyers Naudé beskryf en ondersoek. Die vraag wat hier aan die orde gestel word, is hoe hierdie twee figure die verskille tussen hulle eie posisie en dié van apartheidsteologie in die Ned Geref Kerk bewustelik, maar ook nie-bewustelik verstaan het.

INHOUD

  1. Inleiding
  2. Die pragmaties/kontekstuele en teologies/ideologiese legitimering van apartheid in die Ned Geref Kerk (1905-1974)
  3. Die “kritiese stem” teen apartheid
  4. Barend Jacobus Marais (1909-1999) as kritikus van apartheidsteologie: ’n Chronologiese analise
  5. Die bydrae van Christiaan Frederick Beyers Naudé (1915-2003) as anti-apartheidsteoloog
  6. Op soek na die diepste punte van verdeling
  7. Epiloog

SKRYWER

Murray Coetzee