Stof

R340.00

SKU: 9780795801594 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 384

OPSOMMING: Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die WesKaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-man wat als kom deurmekaarroer het.
Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad
nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las.
Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot
stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aardspoëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laudemeestersgraad in kreatiewe skryfwerk
onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.

SKRYWR
Alettie van den Heever is ’n boorling van Springbok en tans ’n doktorale student in die Afrikaanse letterkunde aan die US, waar sy
ook voorgraads studeer het. Sy het in Kaapstad skoolgehou en  woon tans in Bellville. Stof(wat deels afspeel in ’n toekomstige Bellville) is
haar eerste roman.