Spring

R0.00

In “Spring” verduidelik Ds. Fourie Rossouw om te leef met God aan die hand van die metafoor van ” ‘n springkasteel.”

Die 04:38 min Nous-kortfilms is ontwikkel om te dien as gespreks-lanseerders.  Die video-inset se doel is om gedagtes los te maak en mense se verbeelding te prikkel.  Dit glo ons gebeur die beste waar mense dit saam kyk en daaroor praat.

Ons dink dit is ‘n goeie idee om koffie-winkel gesprekke te reël waar mense die kort-film saam kan kyk en dan die gespreksvrae (sien onder) kan oordink.

Spring

Bybelteks: Matteus 19:13 en 14

Description

In “Spring” verduidelik Ds. Fourie Rossouw om te leef met God aan die hand van die metafoor van ” ‘n springkasteel.”

Die 04:38 min Nous-kortfilms is ontwikkel om te dien as gespreks-lanseerders.  Die video-inset se doel is om gedagtes los te maak en mense se verbeelding te prikkel.  Dit glo ons gebeur die beste waar mense dit saam kyk en daaroor praat.

Ons dink dit is ‘n goeie idee om koffie-winkel gesprekke te reël waar mense die kort-film saam kan kyk en dan die gespreksvrae (sien onder) kan oordink.

Spring

Bybelteks: Matteus 19:13 en 14

Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas.

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”

Videoteks

Spring

Soms is geloof soos ’n fort. Iets wat ek probeer beskerm, oppas, verdedig, in stand hou en selfs ook somtyds aanval.

Ek bou my mure hoog en my fondasie sterk, sodat dinge wat vreemd en anders is, nie naby my kan kom nie.

Dit is dan dat genade ’n swakheid is, iets wat my net te weerloos agterlaat. Krag, mag en in beheer wees, is beter as vergifnis en gebrokenheid. Want sien dit laat my ’n bietjie veilig voel, ’n klein bietjie meer seker, ’n bietjie meer stabiel op my voete, so met my rug teen die muur.

So ’n soort geloof is altyd opsoek na die morele hoër grond, die beste plek vanwaar ek my waarhede op jou kan afskree. Daarom kan ons mekaar nie halfpad ontmoet nie. Ons verskille gaan altyd op ’n stryery uitloop..

Maar soms is geloof ook ’n spring-kasteel. By elke kerkbasaar, regoor die land, sou iemand op ’n stadium ’n spring-kasteel gereël het om die kinders gelukkig te hou. As jy hulle dophou, lyk dit mos of die ding op ’n stadium gaan breek, maar dis dan wanneer die spring-kasteel op sy lekkerste is. Die mure, pilare en hoeke is veronderstel om te buig en in te gee. Dis hoe dit ontwerp is. As dit nie gebeur nie, is jy waarskynlik nog nie besig om te spring nie.

Om op jou eie te spring, is OK, maar die lekkerste tye is mos maar as dit saam met ’n klomp maatjies is.

Dit gaan ook nie oor wie die verste of die hoogste kan spring nie, jou bollemakiesie en my gerondvallery is vir ons almal een groot plesier.

Dit gaan eintlik maar daaroor om jou hare deurmekaar te kry en jouself gate uit te geniet.

Jesus het op ’n stadium ’n klompie kinders op sy skoot gekry en vir almal wat rondom was, gesê dat God in die rigting beweeg van mense soos hulle.

Jy kan maar terugpraat, tonne vrae vra, opbou, afbreek, dink vir jouself, jou mind change ’n paar keer ’n dag, jy kan twyfel en onseker wees en sê: Ek het nie ’n clue nie, jy kan jou opinie lug, selfs al verskil dit van ons uitgewerkte raamwerk.

As jy kan terugdink oor jou eie spring kasteel dae, wat is die twee reëls wat die tannie met die pers perm by die kaartjie tafel vir jou sou gesê het?  Trek uit jou skoene en moenie die ander kinders gaan seermaak nie…

Spring, wees weer ’n kind.

 

Vir die kleingroep: 

Doen ‘n kort stilword gebed en lees daarna die teksgedeelte.

Kyk die kortfilm: Spring

 Gespreksvrae:

Watter emosies maak hierdie storie in jou wakker?

Aan watter verhoudings laat hierdie storie jou dink?  Hoekom?

 Watter kommentaar lewer hierdie storie op die verhouding wat vir jou  uitstaan?

Wat lê hierdie week vir jou voor?