Snowy

R80.00

Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas. Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, ’n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

Elke storie word gekomplementeer met ’n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met ’n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskille en doolhowe. Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou ’n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.

SKU: 9781431616152 Categories: , , , , , ,

Description

SUBTITEL: Oom Angus en sy perd vertel van Jesus en hulle avonture op die plaas

FORMAAT: Hardeband Boek

AANTAL BLADSYE: 48

OPSOMMING: Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas. Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, ’n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

Elke storie word gekomplementeer met ’n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met ’n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskille en doolhowe. Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou ’n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.

SKRYWER: Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.