Description
SUBTITEL: Die Heidelbergse Kategismus se troos vir vandag
FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat
BLADSYE: 94 in die geval van die sagteband
OPSOMMING: Baie (gereformeerde) Christene lees selde of ooit die Heidelbergse Kategismus (HK). Mense weet dit is ’n woord wat hulle al in die kerk gehoor het. Hulle het ook ’n vae vermoede dat daar al van hulle verwag is om te weet wat dit is. Vir baie is dit ’n dokument wat bewaar en oor beloof word, en slegs deur ’n klein groepie geleerdes of belangstellendes gelees word.
Dit is steeds teenwoordig in al die formuliere van die amptelike inisiasierites van die kerk – daardie geleenthede van plegtige belofte: doop, belydenisaflegging, legitimasie, kerkraadsbevestiging – maar tydens hierdie geleenthede kom die inhoud van die HK feitlik nooit ter sprake nie.
As jy in enige gereformeerde kerk in Suid-Afrika belydenis van geloof afgelê het, jou kind laat doop het, as ’n kerkraadslid bevestig is, of as ’n teologiese student gelegitimeer is, dan het jy definitief ’n belofte oor die HK (saam met die ander gereformeerde belydenisskrifte) afgelê.
INHOUD
Inleiding
Wat is die mens dan? – Helené van Tonder
Onmisbare werklikheid – Nina Müller van Velden
God in die detail – Helgard Pretorius
Om te soek na sekerheid – Wouter van Velden
Die dissonante drinkwater van ’n bedwelm(en)de dokument – Calvyn du Toit
Dankbaarheid in skoonheid en gebrokenheid – Janine Williams
Wat sou Jesus doen? ontmoet Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? – Cobus van Wyngaard
Nawoord
SKRYWERS
Die skrywers is jong teoloë. Saam het hulle ’n groep gevorm wat oor die Heidelbergse Kategismus wou skryf.
Helené van Tonder (redakteur)
Calvyn du Toit
Nina Müller van Velden
Helgard Pretorius
Wouter van Velden
Cobus van Wyngaard
Janine Williams