Sewe

R80.00

SKRYWERS: Ewald van Rensburg, Siegfried Louw em Faani Engelbrecht

Sewe fokus elke week op een van Jesus se kruiswoorde. Hierdie gids sal vir Jesus se volgelinge ʼn betekenisvolle ervaring bring terwyl hulle saam na Goeie Vrydag reis.

Klik hier om gratis plakkaat met Jesus se 7 kruiswoorde af te laai

SKU: 9780864878717 Categories: ,

Description

SUBTITIEL: Jesus se kruiswoorde as rigtingwysers vir die lewe

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Jesus se laaste woorde was die kroningsmomente van sy lewe. Dit was nie wanhopige uitroepe nie, maar oorwinningsverklarings. Vir ons as Jesus se volgelinge is hierdie woorde soos rigtingwysers vir die lewe. Dit wys vir ons hoe die lewe werk. Dit begelei ons om die oorwinning van die kruis in Lydenstyd te vier. Sewe fokus elke week op een van die kruiswoorde en nooi groepe om saam op hierdie reis te gaan deur die meegaande gespreksgids te gebruik.

INHOUD
Inleiding: Beroemde laaste woorde
Rituele vir Lydenstyd
Die Woord: Johannes 19:17-30
Kruiswoord 1: “Vader, vergeef hulle …”
Kruiswoord 2: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees”
Kruiswoord 3: “Daar is u seun … Daar is jou moeder …”
Kruiswoord 4: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”
Kruiswoord 5: “Ek is dors”
Kruiswoord 6: “Dit is volbring”
Kruiswoord 7: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor”

SKRYWERS
Ewald van Rensburg is leraar by die Familiekerk NG Hottentots-Holland.
Siegfried Louw is leraar by NG Gemeente Proteahoogte, Brackenfell.
Faani Engelbrecht is leraar by NG Gemeente Goodwoodpark en betrokke by Bybel-Media Kerkmusiek.