Seuns sonder pa’s

R230.00

Dit is ‘n skokkende feit dat meer as 60% van al ons kinders in SuidAfrika sonder ’n pa grootword, iets wat dikwels lei tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Veral jong seuns is vatbaar vir die invloed van bendes wat aan hulle ’n gevoel van kameraadskap, prestasie en behoort gee.

Julian Jansen, joernalis van Rapport en oudonderwyser, ondersoek dié harde werklikheid en vra wat hieraan gedoen kan word. Hy kom met praktiese én geestelike oplossings, gebaseer op die nuutste navorsing en sy gesprekke met mense wat daagliks met die situasie te doene kry en ‘n verskil probeer maak.

Julian verweef ook sy eie storie tussendeur. Hy vertel van sy eie pa se versmorende teenwoordigheid en uiteindelik sy afwesigheid: die held en die skurk van die gesin. Julian vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Op kritieke oomblikke was daar mentors – mense wat deur positiewe ingrypings hul help veerkragtig maak het.

Dié boek is ‘n aangrypende en dringende wekroep.

SKU: 9780796322098 Categories: , , , , ,

Description

FORMAAT: Sagteband Boek

AANTAL BLADSYE: 208

OPSOMMING: Dit is ‘n skokkende feit dat meer as 60% van al ons kinders in SuidAfrika sonder ’n pa grootword, iets wat dikwels lei tot ’n gemis aan ’n gevoel van behoort. Veral jong seuns is vatbaar vir die invloed van bendes wat aan hulle ’n gevoel van kameraadskap, prestasie en behoort gee.

Julian Jansen, joernalis van Rapport en oudonderwyser, ondersoek dié harde werklikheid en vra wat hieraan gedoen kan word. Hy kom met praktiese én geestelike oplossings, gebaseer op die nuutste navorsing en sy gesprekke met mense wat daagliks met die situasie te doene kry en ‘n verskil probeer maak.

Julian verweef ook sy eie storie tussendeur. Hy vertel van sy eie pa se versmorende teenwoordigheid en uiteindelik sy afwesigheid: die held en die skurk van die gesin. Julian vra dan: hoekom het hy en sy broers nie skollies geword nie? Op kritieke oomblikke was daar mentors – mense wat deur positiewe ingrypings hul help veerkragtig maak het.

Dié boek is ‘n aangrypende en dringende wekroep.

SKRYWER: Julian Jansen is ’n oudonderwyser aan twee Helderbergse skole. Daar het hy ’n positiewe verandering in “stout” leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope 10 jaar is hy ’n verslaggewer in Rapport se Kaapstadse kantoor, en was die skrywer van die topverkoper Die De Zalzemoorde.