Sandveldstories

R250.00

Sandveldstoriesis ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uitPofadder en Peddelford, Die pomporrel-kônsertenBom Appeltiet op Eselspoortwat onlangs op RSG voorgelees is.Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ’n unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars. Sandveldstories sluit 30 gewilde stories, onder meer die volgende stories in: “Die oorbesige prekkereer” “Die dood van die founmannetjie” “Hermaans Askies se opperasie” “Die suster m’t die snôr” “Frans en Lakkie se Peddelford” “Ta’ Anna se wye tanne” “Die plaag van Bawel” “Petrus se ontydige soenery”

SKU: 9780624087267 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: Sandveldstoriesis ’n keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uitPofadder en Peddelford, Die pomporrelkônsertenBom Appeltiet op Eselspoortwat onlangs op RSG voorgelees is.Die stories, geskryf in tipiese streekstaal, handel oor ’n
unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing, of klein en dwaas soos mense ook maar is. Ferdinand Deist was ’n gesoute storieman en fyn waarnemer. Sy verhale is humoristies en tydloos, sy karakters kleurryk, en sy vertelwyse is soos ’n bontspul vygies wat in ’n dorre landskap uitbars. Sandveldstories sluit 30 gewilde stories, onder meer die volgende stories in: “Die oorbesige prekkereer” “Die dood van die founmannetjie” “Hermaans Askies se opperasie” “Die suster m’t die snôr” “Frans en Lakkie se Peddelford” “Ta’ Anna se wye tanne” “Die plaag van Bawel” “Petrus se ontydige soenery”

SKRYWER
Ferdinand Deist(1944–1997) was ’n professor in teologie aan die universiteite van Suid-Afrika en Stellenbosch. Hy is bekend vir sy
komiese kontreistories oor dieSandvelden sy mense wat inPofadder en Peddelford (1987), Die pomporrel-kônsert(1988) en Bom Appeltiet
op Eselspoort(1989) gebundel is.