R277.41
Ons vier die geboorte van Christus met …
Gedagtes en inkleurprente oor die koms van Jesus
Met 6 saamkleur-plakkate
Hierdie boek gaan oor Jesus se koms na die aarde.
Die gedagtes en vrae vir saamgesels saam met die inkleurplakkate lei ons om saam uit te sien na Jesus se koms.
Terwyl ons die prente inkleur, dink ons saam oor Jesus se eerste koms na die aarde. Terselfdertyd gebruik ons hierdie tyd om rustig na te dink oor hoe Jesus elke dag deel van ons lewe is.
Jy kan die prente alleen inkleur, maar dit is veral lekker as oud en jonk saam inkleur en saam nadink oor Jesus in ons lewe.
ʼn Familie, vriendekring, gemeente, jeuggroep of omgeegroep kan saam die prente inkleur en nuwe insigte oor hulle geloof van mekaar ontvang.
Geniet dit om saam in te kleur en saam uit te sien na die Christusfees.
Gebruik hierdie boek saam met die 6 saamkleur-plakkate. Die plakkate kan elektronies afgelaai en plaaslik in A1- of A0-grootte uitgedruk word.