Sáám na ‘n nuwe toekoms (e-Boek)

R70.00

Talle eenwordings tussen gemeentes het die afgelope jare in die NG Kerk plaasgevind. Baie gemeentes sukkel finansieel en raak onseker oor hulle toekoms. Hierdie boek is geskryf vir die gemeentes wat by ’n kruispad in hulle bestaan gekom het. Die skrywer ontgin verskeie opsies vir gemeentes wat ’n eenwording oorweeg om saam vorentoe te beweeg.

Klik hier vir die sagteband-weergawe

Klik hier vir die resensie

Description

SUBTITEL: Perspektief op die eenwordingsverhale van vyf gemeentes

FORMAAT: Elektroniese boek in die ePub-formaat

BLADSYE: 132 in die geval van die sagteband

OPSOMMING: Ons moet nie vergeet dat God midde-in die storms teenwoordig is nie. Soos met die dissipels op die see van Galilea moet die gelowiges nie bang wees nie, maar glo dat Hy te midde van die perfekte storm aan ons die perfekte vrede gee.

In die sekulêre wêreld vind daar voortdurend samesmeltings plaas. Ook die kerk spring nie hierdie verskynsel vry nie. Talle eenwordings tussen gemeentes het die afgelope jare in die NG Kerk plaasgevind. Baie gemeentes sukkel finansieel en raak onseker oor hulle toekoms. Daar is heelwat gemeentes wat reeds ’n eenwording oorweeg om saam vorentoe te beweeg.

Sáám na ‘n nuwe toekoms is geskryf vir die gemeentes wat by ’n kruispad in hulle bestaan gekom het. Die skrywer ontgin verskeie opsies wat gemeentes in hulle beplanning vir die toekoms kan oorweeg. Enkele van die praktiese aspekte van die eenwoordingsproses word uitgelig.

INHOUD

Dit sluit in:

  • Die gebruik van twee eredienspunte.
  • Of eenwording nie te ingrypende saak is nie.
  • Sommige gemeentes se gehegtheid aan kerkgeboue.
  • Kerkgangers se behoefte aan eredienste in hulle eie taal.
  • ’n Nuwe naam vir die gemeentes wat een geword het.
  • Die lewensvatbaarheid van die nuwe gemeente.
  • Die moontlike verlies van lidmate.
  • Deeglike kommunikasie met gemeentelede.
  • Die soeke na die Here se leiding.
  • Die keuse van ’n eenwordingsvennoot.
  • Motivering vir samesmelting.

Sáám na ‘n nuwe toekoms gee duidelike riglyne vir die hantering van die eenwordingsprosesin gemeentes, asook die fases waarin die eenwording plaasvind. Dit is ’n praktiese boek wat gemeentes sal bemagtig met inligting asook lesse wat geleer is by gemeentes wat reeds deur die oefening is. Die boek beskryf vyf gedeeltelik geslaagde eenwordings. Die lesse wat die gemeentes geleer het, word duidelik uiteengesit.

SKRYWER

Dr Howard du Toit is getroud en het vier kinders en drie kleinkinders. Sy passie is om mense, gemeentes en kerke bymekaar te bring. Gemeentes en hulle goeie funksionering lê hom na aan die hart. Hy voel dat gemeentesorg meer aandag in die kerk moet kry. Hy is tans sekretaris van die Sinodale Ekumeniese Diensgroep van die Hoëveld sinode en ook sekretaris van NIMSA, Network for Interim Ministry in Southern Africa.