Saam bid ons Wyer, Dieper en Kragtiger

R220.00

‘n Dieper gebedslewe is die uitroep van talle Christene, maar waar begin mens en hoe hou jy dit vol?  Hierdie versameling van 365 gebede is geskryf met die uitsluitlike doel om wyer, dieper en kragtiger te bid.  Met onderwerpe wat strek van lofprysing en aanbidding, tot daaglikse lewensuitdagings en wêreldkwessies, word die voorbidder uitgenooi om God se troon met groot vrygmoedigheid en danksegging te nader.

Verdeel in 12 maande, is hierdie teksverse en gebede ontwerp om ons te help om verder as ons eie gesin, gemeenskap, stad en land te bid.  Selfs verder as ons eie pyn, mislukkings en skynbaar onbeantwoorde gebede.  Ideaal vir individue, is dit ook ‘n praktiese manier vir gesinne en selfs bybelstudiegroepe, om ten spyte van afstand en tyd, saam God se troon te nader.

“Moet oor niks gesorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”  Filippense 4: 6,7

SKU: 9780620903349 Categories: , , , , ,

Description

SUBTITEL: 365 Gebede

FORMAAT: Hardeband Boek

OPSOMMING: ‘n Dieper gebedslewe is die uitroep van talle Christene, maar waar begin mens en hoe hou jy dit vol?  Hierdie versameling van 365 gebede is geskryf met die uitsluitlike doel om wyer, dieper en kragtiger te bid.  Met onderwerpe wat strek van lofprysing en aanbidding, tot daaglikse lewensuitdagings en wêreldkwessies, word die voorbidder uitgenooi om God se troon met groot vrygmoedigheid en danksegging te nader.

Verdeel in 12 maande, is hierdie teksverse en gebede ontwerp om ons te help om verder as ons eie gesin, gemeenskap, stad en land te bid.  Selfs verder as ons eie pyn, mislukkings en skynbaar onbeantwoorde gebede.  Ideaal vir individue, is dit ook ‘n praktiese manier vir gesinne en selfs bybelstudiegroepe, om ten spyte van afstand en tyd, saam God se troon te nader.

“Moet oor niks gesorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”  Filippense 4: 6,7

SKRYWER: Suria en haar man, Coen, is die stigters van Ethnos Movement International en die afgelope 25 jaar voltyds in die bediening. Saam met hulle biologiese dogters het hulle nege Zambiese kinders aangeneem en was die pleegouers vir nog vyf kinders. Twee van hulle aanneemkinders is gestrem. Hulle is ook die grootouers van agt kleindogters en drie kleinseuns. Suria het jare lank verskeie van hulle kinders tuisonderrig gegee. Sy is passievol oor Jesus, lewe en bediening.

• Terwyl hulle in Zambië was, het Suria gehelp om ’n dissipelskapprogram vir sendelinge te ontwikkel asook ’n opleidingskollege vir opvoeders te begin.
• Sy is die medestigter van Freedom Challenge – ’n internasionale inisiatief wat bewusmakingsveldtogte loods en geld insamel vir vroue wat in hedendaagse vorme van slawerny vasgevang is.
• Sy was die ankerpersoon vir Ma’s wat Omgee by ’n plaaslike hoërskool en beskou gebed as die grondslag van lewe en bediening.
• Suria bied tans ’n weeklikse program aan by Radio Namakwaland, ’n Christelike radiostasie in Suid-Afrika.
• Sy geniet dit om te skryf en ontwikkel gereeld nuwe materiaal vir haar blog, www.avividlife.co.za.
• Suria spreek gereeld vroue toe by retraites en konferensies.

Suria is passievol oor God se Woord. Sy voel geroep om mense van alle lande, tale en stamme deur deernisvolle dade aan God se koninkryk bekend te stel.