Description
SUBTITEL: God se liefde
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 32
OPSOMMING: Lewe met geloof wat real is
- Real lewe Take 4 is die vierde en laaste gespreksgids in hierdie reeks vir senior kategese.
- Dit is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsontwikkeling van graad 7- en hoërskoolleerders.
- Die gespreksgids word aangevul deur die Huisgeloof-gespreksgids en die
- Hierdie reeks se fokus op Huisgeloof bemagtig ouers om direk by hulle kinders se geloofsvorming betrokke te raak.
Waaruit bestaan die Real lewe-pakket?
- Die Real lewe-gespreksgids vir die jongmense wat hulle by elke ontmoeting by die kerk gebruik.
- Die Huisgeloof-gespreksgids met vrae wat by elke ontmoeting aansluit en waaroor gesinne by die huis kan gesels.
- ‘n DVD met die volgende daarop:
- ‘n Volledige leiersgids vir elk van die 29 ontmoetings
- ‘n Verskeidenheid gedrukte hulpmiddels vir sommige ontmoetings
- ‘n Verskeidenheid videosnitte en klanksnitte vir sommige ontmoetings.
Die doel van Real lewe is om hierdie drie dinge in jongmense se lewe te bewerk:
- Creed to believe. Ons wil aan hulle geloof diepte gee deur hulle te help om oor verskillende onderwerpe na te dink.
- Code for the road. Ons wil vir hulle hulpmiddels gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe aan te pak en te oorwin.
- Dream to esteem. Ons wil hulle help om ’n droom in hulle verhouding met die Here na te jaag.
Die 29 ontmoetings vir die jaar (24 ontmoetings vir 24 Sondae, en 5 ontmoetings oor kwessies wat jongmense raak) word soos volg ingedeel:
- 12 ontmoetings oor geloof
- 5 ontmoetings oor kwessies
- 4 ontmoetings oor die Woord
- 3 ontmoetings oor die kerkjaar-ritme.
In die leiersgids en gespreksgids word die verskillende ontmoetings met verskillende kleure aangedui:
Geloofsvensters = blou
Kwessies = groen
Oorsig oor die Woord = rooi
Kerkjaar-ritme = pers
Meer oor Huisgeloof
Die ouerhuis is die belangrikste plek waar kinders en jongmense se geloof gevorm word. Navorsing bewys dat jongmense by die huis die meeste van God, geloof en die wêreld leer. Gemeentes kan baie moeite doen, maar die meerderheid jongmense se geloof word by die huis gevestig en gevorm. Dit is hierdie waarheid wat ons met die Huisgeloof-gespreksgids wil versterk.
INHOUD
-
- Real lewe
- Kompas
- Te groot vir woorde?
- Sellofaanlose selfies
- We are family
- What moves you?
- Wat kom eerste?
- Die optog van die lewe
- Bou brûe en breek mure af
- It’s not about the nail
- Eibeg
- Ware vryheid
- What a mission!
- Tuis in my geloofsfamilie
- Te jonk?
- Internal wiring
- Gebedstaal
- Op pad met wysheid
- Onderstebo, agterstevoor
- Rimpeleffek
- Egte note
- Alzo zegt de Heere
- Hy het gekom
- Lekker naby
A. In shape
B. In mekaar se skoene
C. Hoekom slaan jy my?
D. Creation conflict?
E. Om net weer te voel
SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.