Real lewe Take 2 – Huisgeloof-gespreksgids

R60.00

Real lewe Take 2 is die tweede gespreksgids in ’n nuwe reeks van vier vir die senior kategese.
Die gespreksgids word aangevul deur die Huisgeloof-gespreksgids en die Leiersgids.
Hierdie reeks is die eerste fase van ons neem-dit-huis-toe-projek waardeur ouers direk by hulle kinders se geloofsvorming betrokke kan raak. Ons noem dit HuisGeloof.

SKU: 9781920089412 Categories: , , , ,

Description

FORMAAT: Boek

OPSOMMING: Die ouerhuis is die belangrikste plek waar kinders en jongmense se geloof gevorm word. Navorsing bewys dat jongmense by die huis die meeste van God, geloof en die wêreld leer. Gemeentes kan baie moeite doen, maar die meerderheid jongmense se geloof word by die huis gekweek en gevorm. Dit is hierdie waarheid wat ons met die Huisgeloof-gespreksgids wil versterk.

INHOUD

1. Real lewe

Welkom

2. Die wêreld van teks

Verskillende literatuursoorte in die Bybel

3. As ballonne bars

Die druk om te presteer

4. Deel van die groep

Jesus bring verlossing

5. Stukkende wêreld

Gebrokenheid

6. Saam vaar ons beter

Hedendaagse lesers voor ʼn antieke teks

7. Dwing of dring?

Waar begin gehoorsaamheid?

8. Een, maar anders

Deel van ʼn uiteenlopende wêreld

9. Die verhoudingstoets

Die Pentateug

10. Wie verander?

Gebed – God se gereedskap om my te verander

11. Onder die invloed

Vervul met die Heilige Gees

12. Die wêreld in

Pinkster

13. Deel van Jesus

Die doop

14. Feeling blue

Terneergedrukte gevoelens

15. Deur Jesus se oë

Sosiale geregtigheid

16. Etikette is vir bottels

Labeling

17. Seun van God

Markus

18. Wolwe en ʼn nuwe wêreld

Leef met hoop

19. Die Kunstenaar

God die Skepper

20. Ek … ʼn heerser?

Bewoon, bewerk en bewaar

21. I have a drug problem

Afhanklikheid

22. Gaan na jou buurt

Gestuur om die boodskap te verkondig

23. To kindle a fire

Romantiese verhoudings

24. Nou wat nou?

Terugblik op die jaar

A. Gesin of geensin

Familieverhoudings

B. Met die helm gebore

Profesie

C. Onversadigbaar

Pornografie en verslawing

D. Net oor myself

Individualisme

E. In of uit?

Slegte groepe, bendes en groepsdruk