Description
SUBTITEL: Lewe met geloof wat real is
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 32
OPSOMMING: Die ouerhuis is die belangrikste plek waar kinders en jongmense se geloof gevorm word. Navorsing bewys dat jongmense by die huis die meeste van God, geloof en die wêreld leer. Gemeentes kan baie moeite doen, maar die meerderheid jongmense se geloof word by die huis gevestig en gevorm. Dit is hierdie waarheid wat ons met die Huisgeloof-gespreksgids wil versterk.
Huisgeloof Take 1 Gespreksgids vorm deel van die Real lewe-reeks wat ouers en ander volwassenes help om direk by kinders se geloofsvorming betrokke te raak. Die Huisgeloof-gespreksgids bevat vrae wat by elke ontmoeting week se ontmoeting aansluit. Huisgesinne kan dan saam verder daaroor gesels.
Die Real lewe-reeks is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsontwikkeling van graad 7- en hoërskoolleerders. Die doel van die reeks is om hierdie drie dinge in jongmense se lewe te bewerk:
- Creed to believe. Ons wil aan hulle geloof diepte gee deur hulle te help om oor verskillende onderwerpe na te dink.
- Code for the road. Ons wil vir hulle hulpmiddels gee wat hulle sal help om die uitdagings van die lewe aan te pak en te oorwin.
- Dream to esteem. Ons wil hulle help om ’n droom in hulle verhouding met die Here na te jaag.
Die 29 ontmoetings vir die jaar word soos volg ingedeel:
- 12 ontmoetings oor geloof
- 5 ontmoetings oor kwessies
- 4 ontmoetings oor die Woord
- 3 ontmoetings oor die kerkjaar-ritme.
SKRYWER: Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.