Description
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 108
OPSOMMING:
- Real lewe #4 Omarm deur God is die vierde gespreksgids en leiersgids in die Geloofsvorming-reeks vir senior kategese wat verwerk is en ʼn nuwe voorkoms gekry het.
- Die inhoud is nou ook met ʼn app geïntegreer.
- Die inhoud is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode van die NG Kerk vir die geloofsvorming van graad 7- en hoërskoolleerders.
Gespreksgids
Die 29 ontmoetings in Omarm deur God sal jou neem op ʼn reis na ʼn geloof wat real is. Jy sal ontdek wat dit in vandag se wêreld beteken om ʼn dissipel van Jesus te wees. Jy sal duidelike koersaanwysings kry deur die uitdagings van die lewe. Jy sal jou verhouding met die Here verdiep. Jy sal saam met ander die feeste, tradisies en sakramente van die kerk vier. En jy sal ontdek wat jou plek in God se groot verhaal met die wêreld is.
Geniet die reis met geloof wat real is.
Die Real lewe-app
Real lewe #4 Omarm deur God gaan saam met ʼn app. Besoek gerus reallewe.bybelmedia.org.za om die app af te laai. Alle elektroniese hulpmiddels soos videogrepe, klanksnitte en foto’s is op die app, asook bykomende inligting vir die fasiliteerder. Daar is ook ander hulpmiddels op die app om die jongmense in hulle geloofsgroei te ondersteun.
SKRYWERS
Die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode en medewerkers, almal met baie ervaring van jeugwerk.